Napier se leeskringlede lê besoek af op Stanford

Napier se leeskringlede lê besoek af op Stanford

Suidernuus / Southern Post

Napier se leeskringlede lê besoek af op Stanford

Met grendeltyd agter die rug en 2021 se leesjaar amper op sy kop, het Napier se Leeskringlede besluit om vir oulaas die vlerke te sprei. Op Vrydag, 15 Oktober het lede dan ook vir die eerste keer sedert Maart 2020, 'n “lewendige” leeskring uitstappie onderneem. Lede het ook van die geleentheid gebruik gemaak om afskeid te neem van Joan Wilken, leeskringlid en bekende sangeres van Napier wat eersdaags na George verhuis.

Daar is besluit op die buurdorp Stanford met sy twee boekwinkels en 'n interessante staproete met 'n koffiewinkel of twee tussenin. Die oorspronklike woning van Robert Stanford, eienaar van die plaas waarop die dorp later ontstaan het en na wie die dorp vernoem is, dateer uit 1785 en huisves boekwinkel nommer een. In boekwinkel nommer twee wat aan die anderkant van die dorp geleë is, het lede toe ook sommer kennis gemaak met Annelize Mouton, die skrywer van verskeie artikels en boeke oor die Overberg van ouds. Omring deur so baie boeke, waarvan baie ou gunstelinge is, kon lede sommer weer begeesterd en vol nuwe idees en gedagtes vir die nuwe leesjaar wat voorlê terugry Napier toe.

Wie sou kon dink dat die distrik Stanford in “die ou dae” deel uitgemaak het van die NG gemeente Napier.

Image 1
Image 2
 
Ora Laubscher
Napier se leeskringlede lê besoek af op Stanford

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.

Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits ...

Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante...

Parkrun back on track

Parkrun back on track

An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.