Laatmiddag stappie lewer 'n verrassing op

Laatmiddag stappie lewer 'n verrassing op

Suidernuus / Southern Post

image left

Laatmiddag stappie lewer 'n verrassing op

“Ons was net eenvoudig op die regte tydstip op die regte plek en ook net betyds ...” So gesels Me Helene Engelbrecht wat op Sondagnamiddag, 31 Oktober om ongeveer 17h00 tydens 'n laatmiddag stappie verby Stinkbaai in L'Agulhas, toevallig op 'n beseerde seeskilpad afgekom het. Die seeskilpad het op die sand naby die pad op die hoogwatermerk tussen grasse en opdrifsels op die sand gelê. 'n Vriendin, met 'n hond aan 'n leiband, het verbygekom en hulle het aan die gesels geraak terwyl haar stapmaat in die rigting van die rotse gestap het. Om alles te kroon het 'n rob ook nog op daardie tydstip besluit om nader te kom. Met die eerste oogopslag het hulle gedink die dier is dood, want sy het tjoepstil gelệ. By nadere ondersoek het dit geblyk dat sy lewe, maar sy het kwaai en angstig voorgekom. “Ek het saggies aan haar een swempoot (“flipper” op Engels) geraak - dit het gelyk asof sy verstaan dat ons wil help en sy het dadelik rustiger geword“, het Helena vertel. Hoe het sy op die strandjie by Strinkbaai beland? Dit mag wees dat sy oppad land toe was of oppad terug na die see - miskien het sy haarself misgis met betrekking tot waar sy haarself bevind...wie sal ooit weet?

 
Omgee mense

Gelukkig het sy Niel Falck, 'n bekende in natuurkundige geledere, se telefoonnomer byderhand gehad. Binne tien minute was hy daar met sy bakkie. Volgens hom was dit 'n skaars “green turtle”, 'n tipe seeskilpad wat 'n herbivoor is en wat hoofsaaklik van stukkies seewier lewe. Die personeel van die Seeskilpad Reddingsnetwerk by die NSRI stasie op Struisbaai het haar oornag gemonitor totdat die vervoer na die 2 Oseane in Kaapstad aan die deur kom klop het.

 
Een van die dae kry sy 'n naam

Personeel van die 2 Oseane Akwarium doen daagliks verslag. Die seesklipad het lelike skraapmerke aan haar maagkant opgedoen en ernstige beserings moet eers uitgeskakel word, het Helena gesệ. Skillie het eergister begin eet - 'n baie groot stap vorentoe, al was dit maar 'n ou klein stukkie seewier en die personeel was in vervoering. Hulle sal ons daagliks op hoogte hou soos wat sy vorder en sodra sy buite gevaar is en op pad na goeie gesondheid, gaan sy 'n naam kry.

 
Ora Laubsche
Laatmiddag stappie lewer 'n verrassing op

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.

Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits ...

Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante...

Parkrun back on track

Parkrun back on track

An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.