Die Trans Enduro: van toeka tot vandag

Die Trans Enduro: van toeka tot vandag

Suidernuus / Southern Post

Die Trans Enduro: van toeka tot vandag

image left

Die inisiatief is al sedert 1982 in plek, maar het sedert daardie heel eerste poging, letterlik en figuurlik van krag tot krag gegaan. Die Trans Enduro soos wat ons dit vandag ken en ervaar, het volgens oorlewering begin met 'n paar offisiere wat geen vakansiekrediet meer gehad het nie, maar tog wel 'n positiewe blaaskans of wegbreek van die daaglikse roetine wou gehad het.

"A change is as good as a holiday” lui die Engelse spreekwoord. Ware woorde, want verandering werk wondere, al moet 'n mens steeds hard werk en hard oefen. Die groep het gekom met 'n voorstel om 'n uithou en aanhou reis al langs die mees suidelike kuslyn van die destydse Port Elizabeth - tans bekend as Gqeberha - tot in Saldanhabaai te onderneem. Min het hulle op daardie stadium geweet dat hulle in 1982 'n trotse tradisie wat in 2022 'n volle 30 jaar op die kerfstok sal hê, begin het. Aangesien die studente self alles organiseer, onder die bekwame en wakende oog van hulle bevelvoerders en mentors, word die jaarlikse goedgeorganiseerde Trans Enduro toer beskou as 'n uitstekende oefenlopie in organisasie, skakeling en openbare betrekkinge. Langs hierdie weg word die toekomstige offisiere van die SuidAfrikaanse Weermag wat aan die Akademie studeer, deeglik voorberei vir hulle toekomstige aktiewe loopbane in die SAW. Afgesien van die fisiese uithou aktiwiteite ter see en op land, samel die studente ook geld in vir hulle MASIZA gemeenskapsuitreikprogramme waarby ons streek nou ook al by meer as een geleentheid gebaat het.

 
Ora Laubscher
Die Trans Enduro: van toeka tot vandag

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.

Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits ...

Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante...

Parkrun back on track

Parkrun back on track

An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.