Hulle “hardloop” elke jaar met speelgoed om kinderharte bly te maak

Hulle “hardloop” elke jaar met speelgoed om kinderharte bly te maak

Suidernuus / Southern Post

Hulle “hardloop” elke jaar met speelgoed om kinderharte bly te maak

Die “Toy Run” wat jaarliks in die aanloop tot die Kersseisoen deur verskillende motofietsklubs in die Overberg gedryf word, het op Sondag, 28 November op 'n drafstap afgeskop. Motorfietsryers van oraloor het al die pad van plekke soos Struisbaai en Gansbaai af tot in Bredasdorp gery. Hiervandaan het hulle na Stanford beweeg waar motorfietsryers verteenwoordigend van verskeie klubs bymekaargekom het om speelgoed wat bymekaargemaak is, af te gee.

Talle plaaslike inwoners was soos gewoonlik aan boord. Op Napier het 'n paar van die motorfietse by die petrolstasie stilgehou om tenk vol te maak. Daar het Suidernuus gaan bladskud om te verneem of die grootste deel van die pad darem “mooiweer” was. 'n Ligte motreëntjie het uitgesak net voordat die spannetjie op Napier by die vulstasie ingetrek het.

 
Motorfietsryers byt vas en druk deur, ten spyte van COVID-19 inperlings

Talle kinderharte word gewoonlik jaarliks - met Kersfees wat voor die deur staan - bly gemaak, te danke aan inisiatiewe soos hierdie een. Ten spyte van groter en kleiner inperkings wat almal sedert Maart 2020 as gevolg van die langdurige verblyf van die Corona virus beleef het, het die motorfietsryers aan die einde van 2020 - en nou weer - deurgedruk met hierdie wonderlike jaarlikse uitreik inisiatief van hulle.

(The roar of motorbikes once more alerted residents to yet another “Toy Run” and one peep at the calender would have confirmed the fact: It is time for the annual Overberg based Toy Run from all over en route to Stanford. These bikers stopped at the Napier petrol station to fill up en route from Gansbaai, via Elim and Bredasdorp to Stanford.)

Image 1
Image 2
Image 3
Ora Laubscher
Hulle “hardloop” elke jaar met speelgoed om kinderharte bly te maak

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.

Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits ...

Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante...

Parkrun back on track

Parkrun back on track

An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.