Italiaanse swier by die Ou Tronk

Italiaanse swier by die Ou Tronk

Suidernuus / Southern Post

Italiaanse swier by die Ou Tronk

Sowat 60 gaste het opgedos vir ’n langtafel-ete by die Ou Tronk Vrydag, 18 Februarie, wat deur die Vriende van die Skeepswrakmuseum, in samewerking met die museum, aangebied is.

Die tema was Italiaans en die gaste is vermaak deur ’n minnesanger van Gordonsbaai.

Die binnehof van die tronk, wat hom uitstekend leen tot onthaal op ’n somersaand, is verfraai en The Bayleaf van Napier, wat homself uithuur as ’n pop-up spysenier, het Italiaans gekook om die tema te komplementeer.

Letty-Ann Möller, voorsitter van die Vriende van die Skeepswrakmuseum, het aan Suidernuus die geleentheid gegee om by die Ou Tronk in te loer en te gesels terwyl sy en haar man Danie ’n oog gehou het oor die voorbereidings vir die aand se verrigtinge.

Die ete is ten bate van die Skeepswrakmuseum se dakfonds aangebied.

Benewens dié oorhoofse rede, is die langtafel-ete ook deels gehou om die Ou Tronk te benut en mense bewus te maak van sy ouwêreldse ambience. Andersyds was die doel natuurlik om gemeenskap saam te smee en lekker saam te kuier, het Möller vertel.

Die Vriende van die Museum hou op 19 April ’n damestee by die Skeepswrakmuseum waartydens Kobus Pretorius oor parfuum gaan gesels terwyl ’n trekklavierspeler musiek sal maak.

Die Vriende van die Skeepswrakmuseum bestaan uit agt lede wat almal hul dienste op ’n vrywillige basis verleen.

Plaaslike verslaggewer

Italiaanse swier by die Ou Tronk

Suidernuus / Southern Post

Suidernuus / Southern Post is a well-established Bredasdorp-based publishing and printing company that reaches thousands of readers, across 14 Overberg towns, each week. Other than publishing accurate local news and information, the publishing and printing company provides businesses with the opport...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

WATCH THE VIDEO: Welcome to Bredasdorp!
Read More

Recent Posts

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 25 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Bredasdorp Balletskool Presteer by Eisteddfod

Die Bredasdorp-gebaseerde Linda Booyse School of Dance het uitstekend gevaar by die onlangse Overberg Eisteddfod.

Red ’n Seeskilpad Só

Red ’n Seeskilpad Só

Lede van die Twee Oseane Akwarium het Struisbaai verlede Vrydag besoek en ’n kleurvolle inligtingsbord op die hoofstrand opgesit.

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits Plaaslike Talent

Skeepswrakmuseum Vier Menseregtedag Met Rits ...

Die Skeepswrakmuseum het Maandag Menseregtedag in die tuin van die museum gevier met musikante...

Parkrun back on track

Parkrun back on track

An enthusiastic crowd of Bredasdorp parkrunners ran their first official parkrun since lockdown, last Saturday.

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

Suidernuus / Southern Post | 18 March 2022

It's that time of the week again! Bringing you the latest news and updates about Bredasdorp and its surroundings.