Jou Familie In Christus

Die Lighuis AGS Gansbaai is ‘n Pinkster kerk in die middedorp. Die gemeente is daarop gemik om mense te help om tot lewensvervulling in Christus Jesus te leef, deur hulp van die Heilige Gees. Die Lighuis AGS Gansbaai se missie is om God te verheerlik deur families en individue te bereik en te bedien deur die krag van die eenvoudige Evangelie. Verder fokus ons om ń omgewing te skep waar die Here in gees en waarheid aanbid en geloof kan word. U word genooi om Sondagoggend dienste by te woon om die Here te loof en te leer ken saam met die Die Lighuis AGS Gansbaai span.

Contact Details

Info

  • Operating Times Click Here
  • Address Click Here
  • Payment Methods Click Here
  • Cards Accepted Click Here
  • Currencies Accepted Click Here

Business Information

Oor Ons

Oor Ons

Die Lighuis AGS Gansbaai is in 2006 gebou.

“AGS staan ​​vir Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika. Die AGS bestaan ​​sedert 1908 en is die eerste en grootste Pinksterkerk in die land, met 1,4 miljoen lidmate in Suid Afrika en tans gevestig in 28 lande van die wêreld. Pinkster beteken dat dit 'n kerk is wat glo die Gees van God aan gelowiges gegee word om dinamiese en oorwinnende lewens te lei. Dit impliseer ook dat gelowiges die karakter, liefde en krag van hul Here, Jesus Christus, in hul daaglikse lewens kan demonstreer.

Die AGS kan deur twee onlosmaaklike kenmerke onderskei word: Die doop in die Heilige Gees en die Groot Opdrag [Mat. 28:19]. Ons het die Heilige Gees en Sy krag ontvang om missionaal te wees (Hand 1:8). Daarom verwys ons na ons gemeentes as apostoliese gemeenskappe en ons lede as apostoliese agente. Ons poog om ons hele kerk te inspireer en te mobiliseer om die hele evangelie na die hele wêreld te neem.

Die begeerte van die AGS is om ons samelewings te versadig met die teenwoordigheid van God en die beginsels van Sy Koninkryk. Ons uniekheid lê ook in ons diversiteit en akkommodasievermoë. Nie net is ons 'n mikrokosmos van ons diverse samelewing nie, iewers in ons 1800-plus plaaslike kerke sal jy 'n geestelike tuiste vind waar jy deel van die familie sal voel.”  Dr H.J. Weideman (President van die AGS - Suid Afrika)

Missie

Die missie van die Die Lighuis AGS Gansbaai is om God te verheerlik en die gemeente te bou op die volgende steunpilare:

  • Geesvervuld - Handelinge 1:8
  • Opreg - 1 Timótheüs 4:12
  • Betrokke - Jesaja 58:6-8 en
  • Dissipelskap - Matthéüs 28:19
Visie

“Jesus ons aas - siele ons vangs”

Leier
Image

Leier

Die Lighuis AGS Gansbaai se leier is Pastoor Emilia Swanepoel.

Pastoor Emilia Swanepoel:

Pastoor Emilia is 'n boorling van Gansbaai. Sy het 'n sterk administratiewe agtergrond en is bykans 35 jaar reeds in voltydse bediening betrokke landwyd, sowel as internasionaal. Haar hart is om mense te bedien en om nuwe hoop aan mense op alle vlakke van die samelewing te bring met die boodskap van Jesus Christus.

Pastoor Emilia het gestudeer by VEK Berea Teologiese Kollege, sowel as AGS Teologiese Seminarium Aucklandpark.

Na 23 jaar is sy weer terug in Gansbaai waar sy begin het.

Aan haar sy bedien haar dogter Pastoor Lee-Ann Swanepoel. Saam is hul 'n goeie span en het ''n hart om 'n verskil en Impak in Gansbaai te maak.

Dienstye & Aktiwiteite

Dienstye & Aktiwiteite

Die Lighuis AGS Gansbaai se diens tye en aktiwiteite is as volg:

Sondag:

  • Kinderkerk - 09:00
  • Oggenddiens - 09:00

Dinsdag:

  • Gebedsaand - 18:00

Vrydag:

  • Mighty Lions Manne Groep - 06:00
  • Youth Ignite - 18:00
Finansiële Ondersteuning

Finansiële Ondersteuning

Die Lighuis AGS Gansbaai waardeer jou finansiële ondersteuning!

Bank Besonderhede:

  • Rekeninghouer: AGS Gansbaai
  • Bank: Absa Bank
  • Rekening Nommer: 3220152188
  • Verwysing: Tot watter fonds u bydra
Reviews

Reviews

“Die Lighuis AGS Gansbaai is a Pentecostal church that loves fellowship and growing its members in their faith. They have Sunday morning and evening services, with good coffee afterwards.”  Adrian
“God's word is freely available here. Grow with your fellow Christians.”  Sammy
“Beste kerk in Gansbaai!”  Elsa
“A wonderful church with a wonderful atmosphere and wonderful people that make you feel welcome! Die Lighuis AGS Gansbaai is a place to worship and receive food for your soul!”  Belinda

Map

Nearby Places

Blog Posts