Your Trusted Property Partner
History has shown us that courage can be contagious - Michelle Obama
Die walvisse stel ons nooit teleur nie. Elke jaar, min of meer die tyd, is hulle hier en kan ek my opgewondenheid skaars beteuel. Ek kan, vanaf ons boonste dek hulle vir ure dophou.........wat 'n voorreg! Wanneer my kleinkinders kom kuier staan elkeen met sy eie verkyker en die ongeloof en opwinding op hulle gesiggies is so kosbaar. Ek wens meer mense kan dit ervaar.
Vandag op die nuus word vertel van 'n man wat 'n robwelpie met 'n mes gesteek het en teen die kant van die boot probeer doodgeslaan het.....dan wonder ek..... watter soort mens doen so iets? Het ons mense geen respek vir mekaar of vir die natuur meer nie? Ongelukkig eindig dit nie daar nie.....ekself is skuldig....elkeen wat plastiek gebruik is skuldig. Dit het regtig tyd geword dat ons ernstig dink wanneer ons ons hand uitsteek na n plastieksakkie of strooitjie of enigiets wat ons in die asblik gooi. Moenie vergeet van alles wat in plasieksakkies verkoop word nie........lekkergoed, die kinders se ysies,speelgoed.....hoeveel speelgoed word nie van plastiek gemaak nie......margerienbakkies......margerien self, hoor ek, kort net een chemiese bestanddeel dan is dit plastiek! En daardie plastiek beland in die see en in die mae van ons walvisse. Ek bid dat ons tot ons sinne sal kom en dat ons kleinkinders oor tien of twintig jaar nogsteeds hierdie voorreg sal he, om die walvisse welkom te heet en met verwondering en respek met ander te kan deel.
Kom ons keer liewer terug na die walvisse......kom span uit oor n naweek......kyk na een van die eiendomme wat ons verhuur, hulle is elkeen baie besonders.....en vul jou gees met die wonder van ons natuur. Glo my jy sal vol energie, verwondering en dankbaarheid teruggaan, net om gou weer 'n draai te kom maak......mens kan nie anders nie.
Gaan na www.dpgprop.co.za..............tik op Property search...........Holiday rentals en kies die plek vir jou.
Dormehl Phalane Property Group Overstrand, part of a leading national estate agency franchise, is a popular choice for property services in Gansbaai. Specialising in residential property transactions, Dormehl Phalane Property Group Overstrand maintains a well-connected database of homes and prospect...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHistory has shown us that courage can be contagious - Michelle Obama
Buying for the first time? We’re here to walk you through it all.
Why did the property practitioner bring a ladder to the open house?
Thinking of buying or selling? 𝗞𝗻𝗼𝗰𝗸 𝗼𝗻 𝘁𝗵𝗲 𝗯𝗹𝘂𝗲 𝗱𝗼𝗼𝗿 𝗳𝗶𝗿𝘀𝘁.
When you’re in the process of buying or selling a property, you may find yourself wondering why your real estate agent needs so many personal details.