LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

Gans-Berg Nuus / News

Image

LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

-Jonathan en Melissa Doyle- 

Laerskool Gansbaai (LSG) se skoolhoof, Jonathan Doyle en sy eggenote, Melissa (onderwyser) se skooljare by LSG is op 11 Augustus 2023 finaal agter die rug. Hulle het bedank en vlieg op 13 Augustus 2023 na Qatar, waar hulle by die Newton International School as onderwysers aangestel is. The State of Qatar is ‘n land in Wes-Asië. Hulle twee kinders, Michael (6) en Emily (3) is ook reeds as leerders by ‘n privaatskool ingeskryf: Michael as ‘n Gr 1-leerder en Emily as ‘n ‘Early Years’-leerder.

“Dit was ‘n moeilike besluit en dit is met ‘n swaar gemoed vir altwee van ons waarmee ons die skool, Gansbaai en Suid-Afrika gaan verlaat,” het Jonathan Gans-Berg Nuus meegedeel. “Ons weet egter dat dit die beste besluit vir ons as gesin en ons toekoms is.” Hy het ook gemeld dat hulle altwee uitstekende pakkette aangebied is. “Dit is ook so dat ons geen familie hier het nie, terwyl ek darem twee nefies in Qatar het,” het Melissa as troosgedagte bygevoeg. 

Die egpaar het ‘n gerieflike 3-slaapkamerwoonstel in Lusail gekry waar hulle gaan woon, maar Jonathan sê hulle sal moet gewoond raak aan die baie warm weer. Deel van hulle pakkette is dat hulle as gesin 1 maal per jaar gratis vliegkaartjies na Suid-Afrika kry om te kom kuier. Gans-Berg Nuus wens die egpaar alle sukses toe in hulle besluit en vertrou dat hulle gelukkig sal wees in ‘n heel nuwe omgewing met sy eie kultuur.

Jonathan is met ingang van 1 April 2023 as LSG se permanente skoolhoof aangestel. Dié man, moet mens erken, het ‘n bedrywige en besige geaardheid. Hy is baie lief vir sportafrigting en het Wiskunde en Bestuurswetenskap as vakke aangebied. “Die goeie nuus wat ek reeds ontvang het, is dat ek daar ook by sportafrigting betrokke gaan wees,” het Johathan met ‘n breë glimlag gesê.

Direk na skool het Jonathan met sy studies begin: Cape Peninsula University of Technology, waar hy sy B.Ed. (Baccalaureus Educationis) graad verwerf het. In Januarie 2012 is hy as onderwyser by LSG aangestel. In 2019 word Jonathan na Departementshoof bevorder en is as Waarnemende Skoolhoof aangewys. 

Op 10 Januarie 2015 tree hy met Melissa in die huwelik. Twee kinders is uit die huwelik gebore: Michael (6) en Emily (3). Haar studiejare het presies soos dié van Jonathan verloop: Cape Peninsula University of Technology, waar sy haar B.Ed graad in dieselfde jaar as Jonathan verwerf het. Daarna het Melissa nog twee Honneursgrade verwerf. In 2015 is sy as onderwyser by LSG aangestel en is net so ‘n groot sportgeesdriftige soos Jonathan.

“Ons is baie opgewonde oor ons besluit, maar terselfdertyd ietwat senuweeagtig,” het Jonathan gesê. “Die skool was eintlik ons familie.” Die egpaar het hulle waardering uitgespreek teenoor almal wat hulle oor jare heen ondersteun het. Die koeël is egter deur die kerk en nou het die tyd vir hulle aangebreek om finaal te groet.

 
Hardus Botha
LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!