LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

Gans-Berg Nuus / News

Image

LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

-Jonathan en Melissa Doyle- 

Laerskool Gansbaai (LSG) se skoolhoof, Jonathan Doyle en sy eggenote, Melissa (onderwyser) se skooljare by LSG is op 11 Augustus 2023 finaal agter die rug. Hulle het bedank en vlieg op 13 Augustus 2023 na Qatar, waar hulle by die Newton International School as onderwysers aangestel is. The State of Qatar is ‘n land in Wes-Asië. Hulle twee kinders, Michael (6) en Emily (3) is ook reeds as leerders by ‘n privaatskool ingeskryf: Michael as ‘n Gr 1-leerder en Emily as ‘n ‘Early Years’-leerder.

“Dit was ‘n moeilike besluit en dit is met ‘n swaar gemoed vir altwee van ons waarmee ons die skool, Gansbaai en Suid-Afrika gaan verlaat,” het Jonathan Gans-Berg Nuus meegedeel. “Ons weet egter dat dit die beste besluit vir ons as gesin en ons toekoms is.” Hy het ook gemeld dat hulle altwee uitstekende pakkette aangebied is. “Dit is ook so dat ons geen familie hier het nie, terwyl ek darem twee nefies in Qatar het,” het Melissa as troosgedagte bygevoeg. 

Die egpaar het ‘n gerieflike 3-slaapkamerwoonstel in Lusail gekry waar hulle gaan woon, maar Jonathan sê hulle sal moet gewoond raak aan die baie warm weer. Deel van hulle pakkette is dat hulle as gesin 1 maal per jaar gratis vliegkaartjies na Suid-Afrika kry om te kom kuier. Gans-Berg Nuus wens die egpaar alle sukses toe in hulle besluit en vertrou dat hulle gelukkig sal wees in ‘n heel nuwe omgewing met sy eie kultuur.

Jonathan is met ingang van 1 April 2023 as LSG se permanente skoolhoof aangestel. Dié man, moet mens erken, het ‘n bedrywige en besige geaardheid. Hy is baie lief vir sportafrigting en het Wiskunde en Bestuurswetenskap as vakke aangebied. “Die goeie nuus wat ek reeds ontvang het, is dat ek daar ook by sportafrigting betrokke gaan wees,” het Johathan met ‘n breë glimlag gesê.

Direk na skool het Jonathan met sy studies begin: Cape Peninsula University of Technology, waar hy sy B.Ed. (Baccalaureus Educationis) graad verwerf het. In Januarie 2012 is hy as onderwyser by LSG aangestel. In 2019 word Jonathan na Departementshoof bevorder en is as Waarnemende Skoolhoof aangewys. 

Op 10 Januarie 2015 tree hy met Melissa in die huwelik. Twee kinders is uit die huwelik gebore: Michael (6) en Emily (3). Haar studiejare het presies soos dié van Jonathan verloop: Cape Peninsula University of Technology, waar sy haar B.Ed graad in dieselfde jaar as Jonathan verwerf het. Daarna het Melissa nog twee Honneursgrade verwerf. In 2015 is sy as onderwyser by LSG aangestel en is net so ‘n groot sportgeesdriftige soos Jonathan.

“Ons is baie opgewonde oor ons besluit, maar terselfdertyd ietwat senuweeagtig,” het Jonathan gesê. “Die skool was eintlik ons familie.” Die egpaar het hulle waardering uitgespreek teenoor almal wat hulle oor jare heen ondersteun het. Die koeël is egter deur die kerk en nou het die tyd vir hulle aangebreek om finaal te groet.

 
Hardus Botha
LSG skoolhoof verruil SA vir Qatar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...