Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
“Verlede Saterdag, 15 Julie 2023 was dit ons eerste hengelkompetisie van die nuwe klubseisoen,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub. “Dit was terselfdertyd ook ons jaarlikse prysuitdelingsfunksie.”
Met verwysing na die hengelaars se vangstes van Saterdag, sê Elba indien dieselfde pragtige visse vir die res van die hengelseison ingeweeg word, kan dit ‘n baie goeie hengeljaar wees, ongeag die skaarste aan vis wat ondervind word. Die wenner van die dag was Johnny Hanekom met ‘n mooi steenbras van byna 5kg. Op Johnny se hakke in die tweede plek was Eddie de Jager se steenbras.....“Baie geluk, manne!”
“Die aand se sosiale funksie was nie net ‘n bymekaarkom van goeie vriende rondom die etenstafel nie, maar ook om erkenning te gee aan diegene wat deur die jaar op kompetisiedae moeite gedoen het,” het Elba gesê.
Die volgende trofeë en sertifikate is aan die Jaarwenners oorhandig:
Klubkampioen - Mias Albrechts; Reserwe Klubkampioen - Gustav Carstensen; 3de posisie - Melch Botha; 4de posisie - Duif Pienaar; 5de posisie - Eldo Marais; 6de posisie - Sihan Toua. Die Voorsitterstrofee is aan Alan Lourens oorhandig en die Damestrofee aan Elba Tredoux.
Die swaarste visspesies wat gedurende die jaar ingeweeg is, is: grootste galjoen (1.6kg) - Mias Albrecht; grootste steenbras (3.65kg) - Eddy Byren; grootste kabeljou (1.65kg) - Melchi Botha; grootste kolstert - Mias Albrecht (klubrekord).
Interessante nuus van die klub is ‘n besluit tydens die onlangse Algemene Jaarvergadering geneem is: die klublede het besluit om die klub se verantwoordelikheid teenoor die ekosisteem te bewys deur ‘n beleid van ‘catch and release’ te aanvaar. “Sodoende wil ons meehelp om die krimpende visbronne te versterk,” het Elba gesê. “Ons vertrou ook om meer lede by ons te betrek wat reeds hierdie beleid aangeneem het.”



Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.