Overberg Kushengel

Overberg Kushengel

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Kushengel

Welverdiende Erkenning aan Jaarwenners

“Verlede Saterdag, 15 Julie 2023 was dit ons eerste hengelkompetisie van die nuwe klubseisoen,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub. “Dit was terselfdertyd ook ons jaarlikse prysuitdelingsfunksie.”

Met verwysing na die hengelaars se vangstes van Saterdag, sê Elba indien dieselfde pragtige visse vir die res van die hengelseison ingeweeg word, kan dit ‘n baie goeie hengeljaar wees, ongeag die skaarste aan vis wat ondervind word. Die wenner van die dag was Johnny Hanekom met ‘n mooi steenbras van byna 5kg. Op Johnny se hakke in die tweede plek was Eddie de Jager se steenbras.....“Baie geluk, manne!”

“Die aand se sosiale funksie was nie net ‘n bymekaarkom van goeie vriende rondom die etenstafel nie, maar ook om erkenning te gee aan diegene wat deur die jaar op kompetisiedae moeite gedoen het,” het Elba gesê.

 
Die Jaarwenners:

Die volgende trofeë en sertifikate is aan die Jaarwenners oorhandig:

Klubkampioen - Mias Albrechts; Reserwe Klubkampioen - Gustav Carstensen; 3de posisie - Melch Botha; 4de posisie - Duif Pienaar; 5de posisie - Eldo Marais; 6de posisie - Sihan Toua. Die Voorsitterstrofee is aan Alan Lourens oorhandig en die Damestrofee aan Elba Tredoux.

Die swaarste visspesies wat gedurende die jaar ingeweeg is, is: grootste galjoen (1.6kg) - Mias Albrecht; grootste steenbras (3.65kg) - Eddy Byren; grootste kabeljou (1.65kg) - Melchi Botha; grootste kolstert - Mias Albrecht (klubrekord).

Interessante nuus van die klub is ‘n besluit tydens die onlangse Algemene Jaarvergadering geneem is: die klublede het besluit om die klub se verantwoordelikheid teenoor die ekosisteem te bewys deur ‘n beleid van ‘catch and release’ te aanvaar. “Sodoende wil ons meehelp om die krimpende visbronne te versterk,” het Elba gesê. “Ons vertrou ook om meer lede by ons te betrek wat reeds hierdie beleid aangeneem het.”

Image 1
Saterdag se wenners: links is Eddie de Jager en langs hom Johnny Hanekom met die grootste vis, ‘n steenbras.
Image 2
Al die pryswenners vlnr: Alan Lourens, Elba Tredoux, Mias Albrecht, Melchi Botha (agter), Eddie de Jager, Gustav Carstensen, Eldo Marais, Duif Pienaar en Sihan Toua.
Image 1
Kampioen vir die seisoen, Mias Albrecht (regs) by Hendri Badenhorst (voorsitter).
Image 2
Reserwe Kampioen vir die seisoen, Gustav Carstensen by Hendri Badenhorst (voorsitter).
 
Hardus Botha
Overberg Kushengel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.