Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Die boot, WaCa van Carl Dyer en Walter Mapham het behoorlik skoonskip gemaak met Saterdag, 5 Augustus 2023 se maandelikse boothengelkompetisie - Scarmax en sy bemanningslede het eweneens uitstekend gevaar. Die hengelaars het baljaar onder die silwervisse.
Carl Dyer mag maar trots voel op sy 2.00kg silwervis wat hy ingetrek het. “Onder die dames is daar ‘n baie gelykopstryd tussen Marilda Louw en Anita Vermeulen ná Saterdag se kompetisie, met Colleen Kemm wat steeds gerieflik voor is,” het voorsitter Robbie Nelson gesê. “Sake kan dus interessant raak, met net drie kompetisies wat wag.”
Kompetisie Uitslae
8 bote het ingeskryf, waarvan 5 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 22, waarvan 2 dames was. Die aantal visse (6 spesies) wat ingeweeg is, was 75, met 'n totale massa van 62.05kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 2.82kg.
Volledige Uitslae
Die volledige uitslae is soos volg:
Swaarste vis, Carel Dyer (silwervis, 2.00kg); 2de Swaarste vis, Philip Fourie (silwervis, 1.7kg); Swaarste sak, Carl Dyer (9.05kg); 2de Swaarste sak, Philip Fourie (7.45kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer en Walter Mapham (8.087kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Scarmax van Kenny Owen (4.362kg); Dame Swaarste sak, Anita Vermeulen (4.6kg); Dame 2de swaarste sak, Colleen Kemm (3.95kg).
Voorlopers
1ste 3 Bootkampioene:
• Oupa van Ben Uys (40.317kg); WaCa van Carl Dyer en Walter Mapham (31.160kg); Mischa van Charlie Steyn (27.20).
1ste 3 Visvangkampioene Mans:
• Ben Uys (44.40kg); Leon Lombard (32.65kg); Philip Fourie (28.20kg).
1ste 3 Visvangkampioene Dames:
• Colleen Kemm (26.20kg); Anita Vermeulen (18.30kg); Marilda Louw (17.65kg); Visvangkampioen Juniors: Danie du Toit Jnr (2.30kg).
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!