Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Saterdag, 5 Augustus 2023 was dit die ‘Blikkie-skuddag’ vir BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre). “Die gemeenskap se ondersteuning was ongelooflik,” het Annalie Jonker, BARC se Bestuurder gesê. “Ondersteuners het selfs sakke hondekos en blikkieskos geskenk, waarvoor ons baie dankbaar is.” Honde- en kattekos bly steeds groot in aanvraag by BARC se hokke.
BARC is deurlopend afhanklik van die gemeenskap se ondersteuning en donasies. Die sukses van die BARC-winkel is afhanklik van skenkings van tweedehandse ware - alle items wat tuis oorbodig is, kan daar afgelaai word. Items wat baie goed verkoop vir ‘n ekstra inkomste, is onder andere meubels, kombuisware en gebruikte linne en beddegoed. Raak gerus van die oortollige goed in die huis of motorhuis ontslae - alles sal welkom wees. Lees meer oor BARC se doen en late in ‘n volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus.
Vir diere-navrae en/of probleme kan BARC se Veldwerker, Nols Jonas by 083 742 3903 geskakel word. Vir donasies, skenkings, tweedehandse ware of enige BARC-navrae (asook oor die BARC-Gholfdag), kan Annalie Jonker by 082 826 0631 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by barc.animalwelfare@gmail.com.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!