Blog

Afleweringsvoertuig vir diere-benodigdhede

Afleweringsvoertuig vir diere-benodigdhede

Gans-Berg Nuus / News

Afleweringsvoertuig vir diere-benodigdhede

-Pet Food Express-

“Met ons opening op 14 Maart 2023 in Gansbaai se Industriële-gebied, het ek belowe om ’n afleweringsvoertuig vir Gansbaai beskikbaar te stel vir gratis aflewerings,” het Kolie Nel van Pet Food Express gesê. “Dit het nou gerealiseer en ek het besluit om dit met ‘n groot skenking aan BARC te vier.”

Kolie en sy vennoot, Fernando Smith, het reeds ‘n gratis afleweringsvoertuig vir Hermanus en Hawston. Nou is Gansbaaiers se honde- en katkos, asook enige benodigdhede vir diere, net ‘n ‘telefoonoproep’ ver en dit word gratis tuis afgelewer. Bestellings kan telefonies geplaas word en Kolie se afleweringsman, Christoph Posthumus sal vir spoedige aflewering sorg. Kolie is al sedert 2012 met grootmaat hondekosse van verskeie maatskappye bedrywig.

Nols Jonas, BARC se Veldwerker het verlede week die skenking van Pet Food Express ter viering van die afleweringsvoertuig ontvang - ‘n volle 140kg hondepille, wat nie te versmaai is nie! Vir diere-navrae kan Nols by 083 742 3903 geskakel word. Vir donasies, skenkings, tweedehandse ware of enige BARC-navrae, kan Annalie Jonker (Bestuurder) by 082 826 0631 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by barc.animalwelfare@gmail.com.

Maak gerus ‘n draai by Pet Food Express in die voormalige Omega Hardeware winkel in Gansbaai Industriële-area - die hoeveelheid diere-benodigdhede en -kosse daar is legio. Vir navrae kan Kolie Nel by 071 866 9311 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hom by info@kolie.co.za.

 
Hardus Botha
Afleweringsvoertuig vir diere-benodigdhede

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!