Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
“Met ons opening op 14 Maart 2023 in Gansbaai se Industriële-gebied, het ek belowe om ’n afleweringsvoertuig vir Gansbaai beskikbaar te stel vir gratis aflewerings,” het Kolie Nel van Pet Food Express gesê. “Dit het nou gerealiseer en ek het besluit om dit met ‘n groot skenking aan BARC te vier.”
Kolie en sy vennoot, Fernando Smith, het reeds ‘n gratis afleweringsvoertuig vir Hermanus en Hawston. Nou is Gansbaaiers se honde- en katkos, asook enige benodigdhede vir diere, net ‘n ‘telefoonoproep’ ver en dit word gratis tuis afgelewer. Bestellings kan telefonies geplaas word en Kolie se afleweringsman, Christoph Posthumus sal vir spoedige aflewering sorg. Kolie is al sedert 2012 met grootmaat hondekosse van verskeie maatskappye bedrywig.
Nols Jonas, BARC se Veldwerker het verlede week die skenking van Pet Food Express ter viering van die afleweringsvoertuig ontvang - ‘n volle 140kg hondepille, wat nie te versmaai is nie! Vir diere-navrae kan Nols by 083 742 3903 geskakel word. Vir donasies, skenkings, tweedehandse ware of enige BARC-navrae, kan Annalie Jonker (Bestuurder) by 082 826 0631 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by barc.animalwelfare@gmail.com.
Maak gerus ‘n draai by Pet Food Express in die voormalige Omega Hardeware winkel in Gansbaai Industriële-area - die hoeveelheid diere-benodigdhede en -kosse daar is legio. Vir navrae kan Kolie Nel by 071 866 9311 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hom by info@kolie.co.za.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.