Blog

Ma en dogter maak Vrouemaand spesiaal

Ma en dogter maak Vrouemaand spesiaal

Gans-Berg Nuus / News

Ma en dogter maak Vrouemaand spesiaal

-Stap onderskeidelik 800km en 300km Camino’s-

Ma Adéle Nel en dogter Tinneke Lutzeyer het Vrouemaand baie spesiaal vir hulself gemaak - hulle het saam ‘n Camino gaan stap. Dit was Adéle van Pride Properties se derde Camino en Tinneke van Komtessa Boutique se eerste Camino, “maar ek het dit so baie geniet dat dit beslis my eerste Camino van baie sal wees,” het Tinneke gesê. Adéle het op 28 Junie 2023 in Irun, Spanje met haar staptog van sowat 800km oor 40 dae begin. Tinneke het op 20 Junie 2023 in Astorga by haar ma aangesluit - daarvandaan het hulle die res van die Camino saam aangepak.

Hulle het deur verskillende dorpe vir sowat 300km saamgestap. My belangrikste ervaring is die vriendelikheid van mense en die talle vriendskapsbande wêreldwyd wat gesmee word,” het Tinneke opgewonde oor haar eerste stap-ervaring gesê. Altwee het hulle Composestella (bewys van staptog) in Santeago by die Kattedraal ontvang - wat ‘n groot oomblik vir ma en dogter was. Tinneke het ook gesê op so ‘n staptog leer mens dat jy met baie minder in die lewe oor die weg kan kom. Sy het op 6 Augustus 2023 na Suid-Afrika teruggekeer en Adéle die dag daarna.

Adéle het twee vorige Camino’s agter die blad - die Franse Camino (800km) in 2016 en die Camino France vanaf Leon tot by Finnesterra (500km) in 2017. “Hierdie keer het ek een van die moeilikste Camino’s aangepak en ek moet sê dit was werklik baie moeilik gewees,” vertel sy. Haar staptog van 40 dae oor ‘n afstand van 800km het op 28 Junie 2023 met die Camino Del Norte in Irun, Spanje begin. “Die 1ste 2 dae was ‘extreme’ erg,” vertel sy. “Jy klim sowat 950m, sak dan weer sowat 800m af en dan weer op en ek het 7 dae hieraan gestap.”

Adéle sê die Spanjaarde praat nie Engels nie, maar is baie vriendelik en mense groet mekaar spontaan. “In elke dorp moet jy 2 stempels by ‘n kerk of ‘n instansie kry as bewys dat jy daardeur gestap het,” vertel sy. “Wat pragtig is, is al die indrukwekkende baie ou kerke, geboue en brûe in die eweneens baie ou dorpe waardeur mens stap.”

Ma en dogter is dit eens dat so ‘n staptog ‘n ‘soul’-ding’ is - ‘n sielservaring waar jy alleen en op jou eie en met jou eie gedagtes besig is. ‘n Fantastiese ervaring vir hulle is die netheid en veiligheid van die dorpe en die ondersteuning deur stappers langs die pad. Adéle sê jy kan net jou voet of iets seermaak en die ander stappers is daar om jou om te help waar hulle kan. Wat veiligheid betref, vertel sy hulle los sommer die rugsakke buite koffiewinkels, met niks wat wegraak nie. Die son sak eers 10 uur saans en dit is absoluut veilig om alleen in die donker te stap. “Ek het al jong meisies gekry wat sommer in hangmatte langs die pad slaap, sonder enige bekommernis oor hulle veiligheid.”

“Soos ek gesê het, hierdie Camino het heelwat meer inspanning geverg as die vorige twee wat ek gestap het,” het Adéle gesê. “Maar onthou net, ek is darem nou so 10 jaar ouer!” Sy het so ewe selfversekerd bygevoeg: “Miskien stap ek die Portugese Camino voor ek 70 word...!”

 
Hardus Botha
Ma en dogter maak Vrouemaand spesiaal

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...