Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
Vrydag, 11 Augustus 2023 is finaal afskeid geneem van Laerskool Gansbaai (LSG) se skoolhoof, Jonathan Doyle en sy eggenote, Melissa (onderwyser). Die egpaar is vir onderwysposte aan die Newton International School in Qatar gekeur, waar hulle voortaan gaan werk.
Die hoofleiers het met die lands- en skoolvlae by die saal ingestap gekom, terwyl die leerders die Volkslied uit volle bors gesing het. Tydens die verloop van die verrigtinge het LSG se welbekende koor, onder leiding van Carla du Toit (afrigter) en Asanti Smit (begeleier), gewys waarom hulle goud tydens die onlangse Overbergse Koor Eisteddfod verwerf het - hulle het deurlopend vir uitstekende koorsang vir die afskeidsgeleentheid gesorg, onder andere ‘Sweef soos ‘n Arend’ - met die talentvolle Jan-Dawid du Plessis en sy kitaar wat saamgespeel het. Vir hulle prestasie tydens die Eisteddfod kon die koorlede gewone klere vir die dag aantrek.
Enkele onderwysers het afskeidsboodskappe aan die Doyle-egpaar gebring, waarna Jonathan die leerders toegespreek het. “Ek het gesien hoe julle groei....leef voluit en geniet elke dag,” het hy onder andere gesê. “Dankie dat ek deel kon wees van julle lewensreise en onthou: Eenmaal ‘n Gansie, altyd ‘n Gansie!” Die koor en leerders het ‘Veels geluk liewe...’ vir Jonathan gesing wat op 31 Augustus 2023 verjaar.
Annette Wessels het gedeeltes uit ‘Jou Legacy’ van Tania Smit se boek, ‘Heelword’, voorgelees - “Weet jy wat is een ding waarvoor jy die graagste onthou wil word? Daardie essence van jou wat vir altyd deel sal word van jou asem vir almal wat agterbly? Dit waarvoor jy staan? So wees profound, eerlik, dapper. Jou hierwees. Jou mirre. Jou agterbly. En strooi dit mildelik oor jou journey....”
Die Doyle-gesin het op 13 Augustus 2023 na Qatar gevlieg, waar Jonathan en Melissa by die Newton International School as onderwysers aangestel is. The State of Qatar is ‘n land in Wes-Asië. Hulle twee kinders, Michael (6) en Emily (3) is ook reeds as leerders by ‘n privaatskool ingeskryf. Die Gans-Berg Nuus wens hulle net die beste toe in hierdie groot besluit wat hulle geneem het.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.