Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Vanjaar se Vrouedag op Woensdag, 9 Augustus 2023 in die Pretoriussaal sal nog lank onthou word - deels vir die sukses en geselligheid daarvan met twee befaamde sangers, Danie Niehaus en Germand Geldenhuys, maar terselfdertyd met groot hartseer en ‘n onverwagse skok.

Die organiseerder van die dag, wyle Mima Snyders, het haar alles gegee om te verseker dat die dag ‘n groot sukses sou wees. “Mense, julle moet kaartjies koop en die dag kom geniet,” het sy byna soos ‘n refrein wyd en syd verkondig. Mima was baie bekommerd dat daar nie genoeg kaartjies verkoop gaan word nie, maar op Vrouedag was die saal volgepak.
Toe gebeur die onverwagse - Dinsdagaand, ‘n dag voor die funksie, het Mima met ‘n hartaanval ineengestort. Woensdag, 9 Augustus 2023 om 07:25 sterf Mima onder operasie - ‘n skrale 2½ uur voordat die funksie, waarvoor sy só hard gewerk het, om 10:00 sou begin. Haar span wat haar ondersteun het, het die trane ‘afgesluk’ en Mima se werk voortgesit - die tafels is finaal versier, gedek en eetgoed is aan die gaste voorgesit.
“Soos almal van ons vir Mima geken het, sou haar wens gewees het dat ons voortgaan en die funksie terdeë geniet, hoe moeilik ookal,” het ds Hanri Joubert in sy verwelkomingsboodskap gesê. “Ons gaan dus op ‘n gesellige wyse voort met hierdie goed-beplande funksie.” Die gaste is met tee/koffie bedien en kon die smaaklike verversings geniet, terwyl almal gesellig saamgekuier het.
Daarna het die twee eregaste en befaamde sangers, Danie en Germand, die verhoog betree - al singende met die bekende lied, ‘Hantam Kind’. “Mima het ons die vorige dag versoek om ‘Sweef soos ‘n Arend’ te sing, maar ek het gesê die lied is nie op ons program nie,” het Danie gesê. “Ek het wel ingewillig en nou dra ons graag hierdie lied aan Mima op.” - Mima se versoek vir Sweef soos ‘n Arend is emosievol deur die manne gesing.
Daarna het Danie en Germand, om die beurt en gesamentlik, die gaste met uitmuntende sang betower. Nuwe liedere, asook uit Toeka se dae, is gesing, met die gehoor se oorverdowende applous na elke lied. Aan humor tussen dié twee manne was daar ook geen tekort nie en daar is gereeld geskaterlag vir hulle spitsvondigheid en humoristiese mannewales. Bekende liedere is gesing, soos New York, I did it my way, Strangers in the Night, Someone told me long ago, The Impossible Dream, en baie meer, asook twee liedere wat deur Danie geskryf is: Jy is Vrou en Man op die Maan. Marianne Löchner het haarself uitstekend van haar taak as klankoperateur gekwyt - sy is reeds vir baie jare Danie se getroue regterhand tydens sy optredes. Sy is ook die dogter van Hennie en Aletta Löchner van De Kelders.
So kan ‘n hartseer oomblik met die regte ingesteldheid en gesindheid na ‘n groot en ontspanne geselligheid omskep word. Danie en Germand het die gehoor aan hul lippe laat hang - hulle mág maar sing, dié twee! Hulle verhoogpersoonlikhede, sang en optrede in die Pretoriussaal sal nog lank onthou word. Opregte dank en waardering ook aan die dames wat die leisels skielik moes oorneem - knap gedaan!
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...