Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Laerskool Gansbaai (LSG) het ‘n klompie bedrywige kultuurdae agter die rug - met goeie prestasies wat deur die leerders behaal is.
LSG-leerders het pragtig presteer tydens die Words of Arts Fees wat op 15 Augustus 2023 plaasgevind het.
• Kategorie 1, Kreatiewe Kunste - 1ste plek, Kai Lutzeyer (Gr R).
• Kategorie 2, Kreatiewe Skryfwerk - 2de plek, Sylvie Pretorius Gr 3).
• Kategorie 3, Tegnologie en 3D Kuns - 1ste plek, Xavier Otto (Gr 2); 2de plek, Vera du Plessis (Gr 3); 3de plek, Eben du Plessis (Gr 2).
Sylvie Pretorius se Words of Arts-gedig lui soos volg:
“My suster Dans! - My suster dans elke aand. Maar sy dans soos ‘n gans! Cha cha, tongo of wals? Ek weet nie? Ma sê huiwerig ‘mooi so skattebol’ en Pa sê ‘um hou so vol’! Maar as sy so aanhou gaan sy danslesse moet kry. Anders is haar dans drome klaar verby!”
‘n Unieke aanbieding is gedoen waarin die leerders ‘n kombinasie van sang, Orff-instrumente, asook ‘body & vocal percussion’ gebruik het. As instrumente is onder andere ‘n verskeidenheid van tongklapklanke en sportballe gebruik, met hulle lyfies wat as perkussie gebruik is. Daardeur is hulle ritme-ontwikkeling, spanwerk en koördinasies perfek uitgebou.
Die groep het uit die volgende leerders bestaan: Rossouw Coetzer, Liahné Otto, Lia du Toit, Eben du Plessis, Liëtte Kotze, Gia Swart, Hanro Coetzer, Vera du Plessis, Kimberley Shambamuto en Leo Lutzeyer - hou so aan om die Gansies se naam op kultuurgebied hoog te jou!
Petro Coetzer en Francois Otto het ‘n welverdiende Goud vir hulle Klavierduet, asook ‘n Klavier Solo tydens die onlangse Eisteddfod te verwerf. Dié twee leerders neem buitemuurse privaat klavierlesse.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!