Blog

Sharkies wys Sporttande: Gansbaai Academia

Sharkies wys Sporttande: Gansbaai Academia

Gans-Berg Nuus / News

Sharkies wys Sporttande: Gansbaai Academia

Die prestige Sport Gala-aand van Gansbaai Academia op Donderdag, 24 Augustus 2023 het gewys dat dié skool oor uitstekende sport-potensiaal beskik. “Ek glo ons skool het kwaliteit sportmanne en -vroue en vanaand se toekennings is weer eens ‘n bewys daarvan,” het Theuns van Schoor, Hoof Sportkoördineerder en Waarnemende Adjunkhoof, gesê. “Uitstaande sportprestasies is oor die afgelope tydperk behaal.”

Netbal-, rugby (seuns en dogters)-, atletiek-, landlope-, sokker-, hokkie-, kano-, skopboks en skaak deelnemers in die onderskeie ouderdomskategorieë is vir hulle sport-prestasies beloon. Die skoolsaal was gevul met opgewondenheid en oordonderende applous.

 
Uitblinkers:

Al die atlete was uitblinkers, maar net enkele voorbeelde word hier genoem: Die atletiekspan vir deelname aan Suid-Boland en Wes-Kaapse Atletiek-byeenkoms; Die dogters rugbyspan, met Nathi Mayile as kaptein, spog met 5 Bolandspelers; In die landloop (cross country) span is ook Boland- en Overbergkampioene; Vir Hokkie is 3 spelers in die Bolandspan opgeneem; in die Kano Kampioenspappe het al 6 atlete aan die South African Sprints deelgeneem.

Laaste, maar beslis nie die minste, is ‘n top-uitblinker Dylan Isaacs as die skool se Skopbokskampioen (kickboxing): 2de plek (punte) in Suid-Afrikaanse Toernooi (Limpopo); 1ste plek (punte) en 2de plek (deurlopend) in Kanadese Toernooi in Oudsthoorn en Kaapstad; 1ste plek (punte), 1ste plek (punte) en 1ste plek (kicklight) in die Winterbeker Kampioenskappe in Kaapstad. Opkomende toernooie: Afrika Kontinentale Kampioenskappe in Kairo, Egipte (September 2023); Wêreld Kampioenskappe in Portugal (November 2023).

Die Gans-Berg Nuus se span dra graag hulle gelukwense aan Gansbaai Academia oor vir hulle uitstaande sport-prestasies.

 
Hardus Botha
 
Sharkies wys Sporttande: Gansbaai Academia

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!