Blog

Om ‘n boot te koop

Om ‘n boot te koop

Gans-Berg Nuus / News

Om ‘n boot te koop

-Let op hierna!-

Deur die jare het daar al heelwat artikels verskyn waarin die voor- en nadele van bootkoop bespreek word, asook die slaggate wat kan voorkom. Daar is een aspek wat ek dink deesdae meer na vore kom en dit is die neiging om ‘n kleiner boot aan te skaf weens die nimmereindigende stygende brandstofpryse. Die idee is dat ‘n kleiner boot met sy ligter motors hierop sal bespaar - lees assebief verder en besluit dan wat jou te doen staan wanneer jy voor hierdie keuse gestel word.

Kom ons neem aan jy het reeds die keuse gemaak en jy is nou die trotse besitter van ‘n kleiner boot (4 meter of net-net oor), asook twee 25 pk. motors. Daarby saam gaan alle veiligheidstoerusting, GPS, asook ‘n visvinder en magtiging om nog 3 persone te vervoer en boonop mag jy 15 seemyl dek.

Indien jou idee was om slegs van mooiweersdae gebruik te maak en binne een seemyl te bly en “dat jy darem nog op die see sal kan kom”, asook die voorneme het dat jy streng daarby sal hou, hoef jy nie verder te lees nie. Maar jy lê eendag net so buite die hawe, vang ‘n paar hotties en ‘n roman en verlang skielik na daardie 50m+ diep plekkie waar jy altyd die mooi silwervisse gevang het, en jy tel 2 en 2 bymekaar - jy gáán dit waag, maar jy gaan net drie man saamneem, jy is mos veiligheidsbewus. Toe, op ‘n lieflike en windstil dag, doen jy dit en jy beland op jou geliefde hengelplekkie. Die groot silwervisse laat waai en julle stroppe word gereeld afgebyt, en julle vang! Skielik begin daar so ‘n ligte westewindjie waai en jy besluit wyslik om terug te keer. Jy toets eers hoeveel petrol oor is en voeg so ‘n paar liter by.

Die pad terug voel ekstra lank en die windjie begin woel, dit voorspel niks goed nie. Al oorweging wat jy nou het is om so gou moontlik tuis te kom. Die motors moet uithaal, en minder branstofgebruik tel nie meer nie. Dit lyk egter asof jy te stadig vorder, maar uiteindelik lê die hawe hier voor jou, en weer moet jy brandstof byvoeg. Eers by die huis werk jy jou verbruik ordentlik uit en kry ‘n liederlike skok - jou verbruik is hemelhoog - en net drie man moet opdok!

Die hele punt hier is dat jy hierdie kleiner boot aangeskaf het vir besparing, maar jy sou met die groter boot met sy kragtiger enjins vinniger, veiliger en selfs goedkoper oor die weg gekom het. Hou asseblief hierdie feite in gedagte voordat jy hierdie verandering van bote wil deurvoer. Omstandighede kan onvoorsiene gevolge hê!

 
Albert Potgieter
Om ‘n boot te koop

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.