Birkenhead Boothengelklub: Kompetisie Uitslae...
Die Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
“So erg is dit darem nou ook nie,” sou emeritus predikant, ds Dirk van Dyk se tipiese opmerking oor ‘n ‘Duitse’ kleindogter gewees het. Die waarheid is dat sy kleindogter, Mira Smit (2), wat deur haar trotse oupa Dirk gedoop is, se ouers, Christian en Inge Smit in München, Duitsland woon en werk. Hulle het onlangs na Gansbaai gekom vir ‘n heerlike lang vakansie by Inge se ouers, Dirk en Marina van Dyk in Franskraal. Christian is ‘n neoformatikus in Munchen en Inge ‘n grafiese kunstenaar. Tydens die 50-jarige feesvieringe van die VGK-gebou ‘n tyd gelede, het Inge, vanuit München, die uitleg van die spesiale 50-jarige Feesblad gedoen.
Dirk dien as predikant van die VGK-gemeente in Blompark en Christian en Inge het die doopseremonie teruggehou vir hulle kuier in Gansbaai sodat Mira deur haar oupa gedoop kon word. Dit was ‘n besonderse doopdiens wat in kombinasie met die gebruik van die Heilige Nagmaal in ‘n volgepakte kerkgebou aangebied is. Dirk het die twee sakramente op ‘n unieke wyse saam hanteer in sy boodskap - Gedagtenis en Toekomsverwagting. Die Bybelgedeeltes was uit Lukas 22 en 1 Korintiers 15. Deur van beelde en illustrasies gebruik te maak, is ‘n verstaanbare en kosbare boodskap aan die gemeente oorgedra. Mira, die dopeling, het besluit niemand hou haar van haar oupa af weg nie. Sy het ‘n paar keer, tot groot vermaak van die gemeente, die preekstoel se trappe bestyg en oupa Dirk moes haar eenvoudig optel terwyl hy met sy boodskap voortgegaan het!
Die groot oomblik in die diens was die doop van Mira. Die ouers en familie het voor langs die preekstoel stelling ingeneem, asook die doopouers se twee ander kinders, FC (8) en Amelie (6), en dit was vir elkeen van hulle ‘n spesiale oomblik. Dirk het Mira in sy arms gehou terwyl hy haar gedoop het - en sy was baie tevrede daarmee en het doodstil in haar oupa se arms gesit terwyl hy haar gedoop het. Na afloop van die diens is daar vir ‘n paar oomblike gesellig saamverkeer, met almal wat gelukwense oorgedra het.
Christian se ouers, Chris en Anette Smit, asook sy een broer, Wiehan Smit het spesiaal vanaf Bloemfontein gekom om die doopplegtigheid by te woon. Christian se ander broer, Rohan Smit, het vanaf Jeffreysbaai gery om by die familie aan te sluit. Jenny Steyn, Anette se suster, was ook teenwoordig. Later is die gesinne na die Great White House vir ‘n gesellige familie-ete. Christian is op 2 September 2023 terug na München, terwyl Inge nog ‘n rukkie langer by haar ouers kuier. “Ons verlang maar na die kinders en veral die kleingoed,” vertel Dirk. “Ons was in Oktober 2022 by hulle in Müchen en beplan om Desember vanjaar weer daarheen te gaan.”
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie Birkenhead Boothengelklub se eerste boothengelkompetisie vir die 2025 seisoen het op Saterdag, 2 November 2024 plaasgevind.
The Overberg Police Service is without any doubt ready for the Overberg Festive Season.
Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch...
Al gehoor van ‘n Porseleinpop ‘Koningin’? Mada Vorster van Franskraal verdien beslis hierdie ‘titel’.
A Belgian couple, Chris Vleugels and his wife, Tessa, visited Gansbaai for a second time on Friday, 1 November 2024.
Gansbaai NG-gemeente vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar - 1944 tot 2024...