Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition
From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...
Die 2023 Wêreldkampioen in Veldteikenskiet, Gerhard Genade, se trotse ouers is die bekende Gielie en Annaleen Genade van Franskraal. Annaleen is die organiseerder van die jaarlikse Borskankerstap in Franskraal. Nou val die kollig op hulle seun in die Proteaspan met sy trotse prestasie as Wêreldkampioen in Veldteikenskiet.
“Ek kan byna nie beskryf hoe ek oor my oorwinning voel nie,” het Gerhard gesê. “Om die wêreldkampioenskap te kon wen, is vir my die toppunt van my skietloopbaan.” Hy vertel dat hy as ʼn jong seun gereeld met sy kettie rondgeloop het. “Ek het teikens opgestel en dit terdeë geniet wanneer ek in die kol is,” het hy glimlaggend gesê. Hy het eers in 2009 op die ouderdom van 32 met sy veldteikenskietloopbaan op ‘n mededingende basis begin deelneem.
Die 31ste World Field Target Federation se wêreldkampioenskappe van 23-27 Augustus 2023 is vanjaar in die Kommandonek-oord naby Hartbeespoortdam, Noord-Wes Provinsie, gehou. Suid-Afrika het as gasheerland opgetree, met die South African Field Target Airgun Association (SAFTAA) as mede-organiseerders. Die Suid-Afrikaanse Proteaspan het 1ste uit 10 lande geëindig, met Gerhard Genade wat as Wêreldkampioen in Veldteikenskiet gekroon is.
Die deelnemende lande (alfabeties) was België, Engeland, Iran, Nederland, Noord-Ierland, Poland, Portugal, Suid-Afrika, VSA en Wallis. Die agt gesoute Suid-Afrikaanse skuts van die Proteaspan (alfabeties), was Danel van Tonder, Derek van Niekerk, Gerhard Genade, Gerhard Strydom, Heinri Brink, Jan Steytler, Machiel Basson en Wian Strydom.
Veldteikenskiet is ʼn buiteluggeweerdissipline wat in die vroeë 1980’s in die Verenigde Koninkryk (VK) ontstaan het en wêreldwyd al hoe meer gewild word. In Suid-Afrika is Veldteikenskiet vir die eerste keer in 2003 bekendgestel - dus was dit vanjaar hierdie sport se 20ste bestaansjaar in Suid-Afrika.
(Foto’s verskaf)
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreFrom community safety and conservation success to local achievements and exciting events...
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.