Nou moet júlle hande vat...

Nou moet júlle hande vat...

Gans-Berg Nuus / News

Image

Nou moet júlle hande vat...

-Kol Winston Coetzee-

Kol Winston Coetzee, Gansbaai se gewilde Stasiebevelvoerder, verlaat Gansbaai op 30 September 2023. Hy is met ingang van 1 September 2023 vanaf Lt.Kol na die rang van Kolonel bevorder. Kol Coetzee sal op 1 Oktober 2023 as Grabouw se nuutaangestelde Stasiebevelvoerder oorneem - ‘n groot verlies vir Gansbaai Polisiestasie en gemeenskap en natuurlik ‘n aanwins vir Grabouw.

“Nou is dit Gansbaai SAPD, relevante organisasies en die gemeenskap se beurt om hande teen misdaad te vat,” het Kol Coetzee gesê. “Dit is dan ook my hartsbegeerte en afskeidswoorde aan Gansbaai en sy kosbare mense, om mekaar te respekteer en hande te vat.” Kol Coetzee het dit gesê, onbewus daarvan dat dit die presiese boodskap is wat hy met sy eerste ontmoeting met die media in Gansbaai ná sy aanstelling as Stasiebevelvoerder gebruik het: ‘Kom ons vat hande’, was die opskrif van die verwelkomingsberig. Hy het dit beklemtoon dat respek teenoor alle mense betoon moet word sodat hulle kan voel dat hulle ook belangrik is. ‘n Verdere beleid van hom was dat sy persoonlike selfoonnommer in die polisiestasie aangebring is.

Die Gans-Berg Nuus het op Donderdag, 14 September 2023 in ‘n eksklusiewe onderhoud met Kol Coetzee oor sy verplasing met bevordering na Grabouw gesels. Soos met sy verwelkoming in Gansbaai, kon ‘n rustigheid in sy teenwoordigheid weer eens ervaar word terwyl hy praat. “Hand-aan-hand met my beleid van ‘Hande Vat’, is my beleid van ‘n “Oop Deur’ te alle tye,” het hy gesê. “En kyk daar na my kantoordeur, dit staan steeds oop vir almal!” 

Kol Coetzee het gesê hy verlaat Gansbaai met gemengde gevoelens. “Ek het sonder twyfel oor die afgelope sowat 4 jaar lief geword vir my lojale, bekwame en staatmaker-personeel, asook vir Gansbaai en sy mense,” het hy onomwonde gesê. “Ek het naby aan almal in Gansbaai gegroei en geheg geraak aan die gemeenskap, CPF, Buurtwagte en Media, ongeag die feit dat daar baie uitdagings was.” Hy vertel dat hy dankbaar is vir suksesse wat behaal is, maar skryf dit toe aan die gemeenskap se ondersteuning. Twee hoogtepunte waarna hy verwys het, is die stigting van ‘n Buurtwag in Blompark en die suksesvolle implimentering van die SAPD se ‘Junior Commissioner Project’, waarby jongmense betrek word. (Sien berig elders in hierdie uitgawe)

Kol Coetzee het enkele suksesse gedurende sy tydperk as Stasiebevelvoerder uitgelig, met die volle samewerking van Buurtwagte en Wetstoepassers: afname in bendegeweld (met die gemeenskap se samewerking was daar byna twee maande laas voorvalle van bendegeweld), dalende misdaad-statistieke maand na maand, selfs’n afname in huisbrake wat ‘histories’ aan Gansbaai is, groot treë wat met Perlemoen-verwante misdaad gegee is, veral met verwysing na die onlangse skuldigbevindings en swaar vonnise wat opgelê is en baie meer.

Veiligheid in ‘n gemeenskap is vir Kol Coetzee die hoeksteen van enige ekonomie - ‘n gevoel van rustigheid as gevolg van veiligheid, lok beleggers, soos hy dit gestel het. Kol Coetzee het bygevoeg dat doelgerigte pogings vir onderlinge samewerking voortgesit moet word - alleen is dit vir die SAPD onmoontlik om by te bly. “Ek voel ook geseënd dat ek in geen opsig by enige vorm van konflik betrokke was nie, daar was wel meningsverskille wat uit die weg geruim is, maar geen konflik nie,” was deel van sy afskeidswoorde. “Al wat ek vra is dat wedersydse respek vir mekaar sal voortduur en onthou die doel van liefde - dit moet gegee en ontvang kan word.”

‘n Waarnemende Stasiebevelvoerder sal eersdaags aangekondig word. Die Gans-Berg Nuus wens Kol Coetzee net die beste toe in sy nuwe werks-omgewing. Hy word ook van harte bedank vir sy vriendelike en oopdeur-beleid teenoor Gansbaai se weeklikse koerant - “ons en die gemeenskap salueer u graag vir onbaatsugtige diens oor die afgelope 4 jaar en u sal sonder twyfel deur die plaaslike gemeenskap van Gansbaai gemis word!

 
Hardus Botha

Foto: Kol Winston Coetzee

Nou moet júlle hande vat...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Die ‘Boet van Visnette’

Die ‘Boet van Visnette’

Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...

Filler: Mole Snake

Filler: Mole Snake

A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda. 

Overstrand Medical Centre

Overstrand Medical Centre

Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.

Overberg Posduif Unie

Overberg Posduif Unie

Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie.