Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Die Birkenhead Boothengelklub se maandeindfunksie vir September was, soos altyd, die ene geselligheid met ‘n klubsaal vol lede en gaste. Marilda Louw en haar twee regterhande, Jan Louw en Charlie Steyn, het ‘n pure lente-atmosfeer met die saalversiering geskep. Voeg daarby Hein Kroese se musiekfabriek vir voete-jeuk musiek, Lizette se gerookte bees-briskette met smaaklike bykomstighede en sjokolade brownies & roomys as nagereg, asook die klub se kroegdame, Geraldine Schreiber op haar pos - wil jy nou meer, die perfekte resep vir ‘n gesellige kuier- en dansaand.
Derick Peterse het die aand se verrigtinge namens voorsitter Robbie Nelson waargeneem. As gevolg van swak weersomstandighede, kon die September-kompetisie nie plaasvind nie. Die pryse vir die boothengelkompetisie van 5 Augustus 2023 is wel oorhandig - ‘n kompetisie waartydens net twee bote, Waca van Carl Dyer en Scarmax van Kenny Owen, met die aand se pryse weggestap het.
Waca en bemanning het egter met hulle vangstes uitgetroon: swaarste bootgemiddeld; swaarste vis en swaarste sak (Carl Dyer); 2de swaarste vis en 2de swaarste sak (Philip Fourie) - baie geluk aan Waca en bemanning!
Kenny Owen en sy bemanning op sy boot, Scarmax, het ook baie goed gevaar: 2de swaarste bootgemiddeld; dame swaarste sak (Anita Vermeulen); dame 2de swaarste sak (Colleen Kemm) - ook baie geluk aan julle!
Die res van die aand was net een groot geselligheid wat terdeë deur die lede en gaste geniet is - tot laataand toe. Drie goeie wyne is ook deur gelukkige kaartjie-nommers gewen. Derick het ook die geselligheid van elke Woensdagaand se informele braai by die klub onder almal se aandag gebring.

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...