Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Vanjaar was daar net 14 rolbalspanne wat vir die jaarlikse gewilde Arrie Nel Apteekgroep (Gansbaai Apteek) Borgdag ingeskryf het en daar was ook net een baan beskikbaar - maar op die oog af was dit van vroeg af net rolbalspelers en balle waar mens kyk. Van meet af aan was dit duidelik dat die rolbalspelers in ‘n ‘hewige’ stryd gewikkel was, maar met ‘n gesellige sportmansgees wat vir niks geskrik het nie.
“Twee nie-klublede het saam met twee klublede deelgeneem,” vertel Kokkie de Kok, President van Franskraal Rolbalklub. “Die toernooi is ‘n baie gewilde dag op Franskraal Rolbalklub se rolbalkalender en ek is dankbaar dat dit goed deur nie-klublede ondersteun word.” Elke speler ontvang ‘n prys, danksy Arrie Nel se borgskap. “’n Groot dankie aan Emile Calitz, Bestuurder van Gansbaai Apteek, vir sy puik reëlings en enorme bydrae tot die sukses van die dag,” sê Kokkie.
Die meerderheid deelnemers was maar baie skepties oor die swak weersomstandighede - sterk wind en kort-kort ‘n bui reën was die spelers se voorland. Die reën het gelukkig toegelaat dat 3 wedstryde van 10 skofte elk gespeel kon word. Kokkie sê die Franskraal rolbalspelers is al goed geoefen om in sterk wind te speel en die bietjie reën tussendeur het hulle nie afgeskrik nie.
Die gebruiklike ‘Spinwiel’ is soos gewoonlik gedraai, met goeie pryse wat gewen kon word. AJ het die groot Hamper gewen en sy prys is deur Simoné Liebenberg, Emile se verloofde, aan hom oorhandig. ‘n Heerlike en smaaklike middagete is aan die spelers voorgesit, wat terdeë geniet is - so bietjie uit die koue wind uit! “Ons sien nou reeds uit na die volgende Arrie Nel Apteekgroep Rolbaldag,” het Kokkie gesê.

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.