Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Gansbaai SAPD se Kaptein Gerda Groenewald is vir ‘n tweede keer aangewys om haar plek in die ‘warm stoel’ van Waarnemende Stasiebevelvoerder van Gansbaai SAPD met ingang van 1 Oktober 2023 in te neem. Kol Winston Coetzee is met ingang van 1 September 2023 vanaf Lt.Kol na die rang van Kolonel bevorder. Hy is na Grabouw SAPD as Stasiebevelvoerder oorgeplaas, waar hy op 1 Oktober 2023 die leisels daar sal oorneem.
“Dit is ‘n groot verantwoordelikheid wat op my skouers as Waarnemende Stasiebevelvoerder geplaas is, maar ek beskou dit weer eens as ‘n uitdaging vir my in my beroepslewe,” het Kapt Groenewald gesê. Sy het Gans-Berg Nuus meegedeel dat sy Kol Coetzee se beleid van ‘n ‘oop deur’ vir die gemeenskap sal voortsit. “My boodskap aan die gemeenskap van Groter Gansbaai is dat ek, net soos Kol Coetzee, op die samewerking en wedersydse respek en vertroue tussen die polisie en die gemeenskap sal fokus,” het sy gesê. “Die gemeenskap is ons oë en ore op grondvlak waarsonder ons nie dieselfde suksesse sal kan behaal nie, maar terselfdertyd wil ek die gemeenskap die versekering gee dat Gansbaai SAPD se uniform- en speurtakke in Gansbaai gestasioneer is vir effektiewe dienslewering aan alle gemeenskappe.”
Kapt Groenewald is in 2018 as Waarnemende Stasiebevelvoerder aangewys, ná die afsterwe van Lt.Kol Kholosa Moshi op 10 Junie 2018. Kapt Groenewald het toe vir sowat 7 maande waargeneem, waarna Kol Coetzee in die pos aangestel is.
Kapt Groenewald het haar polisieloopbaan sowat 32 jaar gelede op 15 Februarie 1991 begin. Sy is 22 jaar gelede op 1 April 2001 vanaf Stellenbosch SAPD na Gansbaai SAPD oorgeplaas. Na 8 diensjare in Gansbaai is sy op 1 Maart 2009 na die rang van kaptein bevorder. Gans-Berg Nuus wens Kapt Groenewald alle voorspoed toe in haar tydelike hoedanigheid.
“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om my opregte dank en waardering teenoor Kol Coetzee uit te spreek vir die enorme rol wat hy as Stasiebevelvoerder gespeel het,” het Kapt Groenewald gesê. “Ek en die personeel wens hom en sy gesin God’s rykste seën toe in hulle nuwe omgewing.”
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...