Blog

Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde

Passievolle hoofwynmaker...

Overhex Wynkelder se Ben Snyman

“Overhex Wyne in die Worcester-area is ons wynkelder vir die jaar wat ons agste wynproe kom aanbied,” het voorsitter Japie Spies van Gansbaai Wynproegilde gesê. “Hulle hoofwynmaker, Ben Snyman, is sonder twyfel ‘n man met ‘n wye verskeidenheid van in-diepte kennis.” Die wynproe-aand is op Dinsdag, 19 September 2023 in die Great White House aangebied. Nadat die gebruiklike administrasie afgehandel is, het Japie vir Ben aan die woord gestel. “Hy is nie net ‘n toegewyde en passievolle wynmaker van formaat nie, maar ook ‘n gerekende beoordelaar,” het Japie gesê. “Onder andere is hy in 2019 uitgenooi om as ‘n leerling-beoordelaar deel te wees van die FNB top 10 Sauvignon Blanc 2019 se beoordeling.” Gedurende sy loopbaan het hyself verskeie toekennings ontvang, met die wynkelder wat ook spog met uitstaande toekennings met Ben as hoofwynmaker. “Ben is a dedicated winemaker, using all the latest tools, innovation and knowledge available to him to make wines of superior quality, whilst still putting his personal stamp on the wine!” - Dr Winifred Bowman. 

Na die verwerwing van sy BSc Landbou graad in 2009 aan die Universiteit van Stellenbosch, het hy in 2010 by Overhex as wynmaker begin. Daarna het Ben verskeie kursusse suksesvol voltooi. Hy het ook die verantwoordelikheid van Overhex se wynuitvoer na sowat 47 lande wêreldwyd op hom geneem. Overhex is een van SA se 10 top-uitvoerders van wyn. Een van hulle reekse, die Survivor-reeks, is Ben se persoonlike trots, veral die Chenin Blanc. Die naam het ‘n merkwaardige geskiedenis. “‘n Reeks groot migrasies van Nguni-sprekende mense het hierdie unieke identifiseerbare spesie meer as 2 000 jaar gelede in ons land ingebring, en dit is sinoniem met rykdom en status,” het Ben gesê. “Dit is hierdie eerbiedwaardige tradisie, asook die verhaal van een spesifieke Nguni-koei met die naam van Survivor, wat hierdie reeks teweeggebring het.” Met die vervoer van een plaas na die ander, het die spesifieke Nguni-koei besluit sy het ver genoeg gereis en oor die heining van Danie Rust se wingerd gespring. Hy het haar in sy Cabernet Sauvignon-wingerd gekry en haar dadelik Survivor genoem!

Die wyne van Overhex Kelders wat te proe aangebied is, het uitstekend by sjef Chris Pead se spyskaart ingepas. Ben se verwelkomingswyn was ‘n geurige Survivor Cap Classique. Saam met Chris se voorgereg, Bobotie Spring Roll, was dit Balance WMS Chenin en Survivor Chennin Blanc wat geproe is. Chris se Parma Ham & Goats Cheese Filled Fillet of Chicken saam met Ben se Survivor Chardonnay en Balance WMS Pinot Noir, was ‘n perfekte kombinasie. Ter afsluiting van die ete, was dit Chris se verleidelike Strawberry & Chocolate Mousse Cake with Macerated Strawberries in Rosé, saam met Ben se Balance Sweet Temptation en Survivor Pinotage. Bruce Shambamuto en sy vriendelike span kelners van die Great White House se uitstekende diens, sluit goed aan by Chris Pead se smaaklike drie-gang maaltyd.

Daarna het die eintlike groot gesels en saamkuier éérs begin. Kort voor huis toe gaan tyd, is ‘n Wynproegilde- voorskoot as blyk van waardering deur Marmara de Klerk aan Ben oorhandig. Ben is summier versoek om die voorskoot aan te trek, waarna hy met die tong-in-die-kies gevra het of hy sy klere mag aanhou!

 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Die ‘Boet van Visnette’

Die ‘Boet van Visnette’

Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...

Filler: Mole Snake

Filler: Mole Snake

A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda. 

Overstrand Medical Centre

Overstrand Medical Centre

Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.

Overberg Posduif Unie

Overberg Posduif Unie

Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie.