Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
Gansbaai se hospitaal, die Overstrand Medical Centre (OMC), se eerste sooi is op Vrydag, 28 Julie 2023 deur Raadsdame Riana de Coning gespit. (Gans-Berg Nuus, 28 Julie 2023). “Die langverwagte droom om ons eie hospitaal vir die Gansbaai-gemeenskap te kry, het vandag gerealiseer en ek voel lus om ‘Halleluja’ te skree!” - het sy op daardie welkome en vreugdevolle dag gesê.
Intussen het die Gans-Berg Nuus verskeie navrae oor Staatspasiënte se toegang tot die hospitaal ontvang.
Die antwoord wat in hierdie verband van dr Pierre Nel ontvang is, lui soos volg: “Die hospitaal is wel 100% privaat, maar ons gaan ‘n Service Level Agreement (SLA) met die Departement van Gesondheid aangaan om pasiënte wat nie Privaat Gesondheidsorg kan bekostig nie, by te staan en te akkommodeer. Sulke pasiënte sal dan in noodgevalle deur ons gestabiliseer word en dan na ‘n Staatshospitaal oorgeplaas word.”
Dr Nel het ook bevestig dat alles met die hospitaal volgens plan verloop en die gemeenskap kan rustig wees, al wil dit soms lyk asof aktiwiteite tot stilstand gekom het - dit is alles behalwe die geval, aangesien baie werk agter die skerms gedoen word. “Ons is tans besig om die ‘sewage line’ van 190 meter in te sit,” het dr Nel gesê. “Dit lê 2 meter diep en moet met die hand gedoen word, aangesien dit fibre, waterpype, elektriese kabels, rioolpype en die dies meer kruis.” Hou die Gans-Berg Nuus dop vir enige verdere verwikkelinge.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.