Blog

1ste Gesamentlike Konsert Poco Musica Musiekskool en Con Grazia Ballet

1ste Gesamentlike Konsert Poco Musica Musiekskool en Con Grazia Ballet

Gans-Berg Nuus / News

1ste Gesamentlike Konsert - Poco Musica Musiekskool en Con Grazia Ballet

“Vanjaar was dit die eerste keer wat Poco Musica musiekskool en Con Grazia Ballet vir beginners ‘n gesamentlike konsert gehou het,” sê Asanti Smit. Die ‘geskiedkundige’ konsert is op 20 Oktober 2023 in die Pretoriussaal aangebied. Sy sê die vrolike musikante en sangertjies het elk ‘n solo item gelewer. 

Instrumentale items het gewissel vanuit die ‘barok-era’ tot by FAK-liedere en ‘Blues’! Wat ‘n kombinasie, maar die konsert is gekenmerk deur groot sukses. “Die program het verder 'n duet, trio, ‘mini-band’ en orkes-optrede met al 19 musikante ingesluit,” vertel Asanti. ‘n Groot verskeidenheid van musiekinstrumente is deur die talentvolle kinders gebruik, soos klavier, kitaar, ukulele, blokfluit, dromme, ‘keyboard’ en slag-instrumente. Con Grazia se junior groepie (4-5 jr) en die senior groepie (6 jr+) het 'n gesamentlike item, ‘Hush little baby’, aangebied. Die senior ballerinatjies met hulle skitterblink handsakkies, het ‘Aint she sweet’ aangebied.

Die suksesvolle en genotvolle aand is afgesluit met die toekenning van die Poco Musica-wisseltrofee vir Beste Vordering. Hierdie eer het Eben du Plessis (blokfluit & sang) te beurt geval. “Ek is baie trots op elkeen van hierdie ontwikkelende en entoesiastiese kinders in ons gemeenskap,” het Asanti gesê.

Belangstellendes in balletklasse (Donderdae en Vrydae), of wat kinders het wat graag deel van Poco Musica musiekskool wil word, kan Asanti Smit by 082 972 8437 kontak. Ons dorp is propvol talent op verskeie gebiede, maar dit geld sonder twyfel ook vir ons kinders.

 
Hardus Botha
 
1ste Gesamentlike Konsert Poco Musica Musiekskool en Con Grazia Ballet

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Die ‘Boet van Visnette’

Die ‘Boet van Visnette’

Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...

Filler: Mole Snake

Filler: Mole Snake

A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda. 

Overstrand Medical Centre

Overstrand Medical Centre

Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.

Overberg Posduif Unie

Overberg Posduif Unie

Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie.