Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition
This week's edition features important community news...
“Vanjaar was dit die eerste keer wat Poco Musica musiekskool en Con Grazia Ballet vir beginners ‘n gesamentlike konsert gehou het,” sê Asanti Smit. Die ‘geskiedkundige’ konsert is op 20 Oktober 2023 in die Pretoriussaal aangebied. Sy sê die vrolike musikante en sangertjies het elk ‘n solo item gelewer.
Instrumentale items het gewissel vanuit die ‘barok-era’ tot by FAK-liedere en ‘Blues’! Wat ‘n kombinasie, maar die konsert is gekenmerk deur groot sukses. “Die program het verder 'n duet, trio, ‘mini-band’ en orkes-optrede met al 19 musikante ingesluit,” vertel Asanti. ‘n Groot verskeidenheid van musiekinstrumente is deur die talentvolle kinders gebruik, soos klavier, kitaar, ukulele, blokfluit, dromme, ‘keyboard’ en slag-instrumente. Con Grazia se junior groepie (4-5 jr) en die senior groepie (6 jr+) het 'n gesamentlike item, ‘Hush little baby’, aangebied. Die senior ballerinatjies met hulle skitterblink handsakkies, het ‘Aint she sweet’ aangebied.
Die suksesvolle en genotvolle aand is afgesluit met die toekenning van die Poco Musica-wisseltrofee vir Beste Vordering. Hierdie eer het Eben du Plessis (blokfluit & sang) te beurt geval. “Ek is baie trots op elkeen van hierdie ontwikkelende en entoesiastiese kinders in ons gemeenskap,” het Asanti gesê.
Belangstellendes in balletklasse (Donderdae en Vrydae), of wat kinders het wat graag deel van Poco Musica musiekskool wil word, kan Asanti Smit by 082 972 8437 kontak. Ons dorp is propvol talent op verskeie gebiede, maar dit geld sonder twyfel ook vir ons kinders.

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...