Blog

Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

Gans-Berg Nuus / News

Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

-10de verjaarsdag van Franskraal Staptogte- 

‘n Pragtige dag. ‘n Gesellige atmosfeer. Opgewonde dapper-stappers vir Reik na Herstel Borskanker Ondersteuningsgroep (Reach for Recovery Breast Cancer Support Group) - ten bate van Borskanker-‘Survivors’. Op Annaleen Genade, organiseerder van Gansbaai ‘Reach for Recovery’ se vraag: “Wie is almal ‘survivors’?”, het meer as driekwart van die deelnemers hul hande opgesteek. 

Borskankermaande is Oktobermaande, maar weersomstandighede het die organiseerders genoop om dit na Saterdag, 4 November 2023 te skuif. Sowat 200+ ondersteuners en ‘survivors’ het aan vanjaar se goed-georganiseerde Borskankerstap deelgeneem. Hulle het vanaf Franskraal se parkeerarea na Blousloep en terug gestap, ingesluit ‘n aantal honde wat meegedoen het - met ‘n onderlinge gesellige atmosfeer wat deurgaans geheers het. “Dit was weer eens ‘n lekker gevoel oor nog ‘n Borskankerstap wat suksesvol verloop het,” het Annaleen gesê. Daar was pryse ‘vir Afrika’ wat aan deelnemers oorhandig is - selfs honde het ‘n pakkie in die bek ontvang! 

Reach for Recovery Breast Cancer Support Group bestaan uit opgeleide vroue wêreldwyd wat vroue wat borskanker-operasies ondergaan het, ondersteun en besoek - in hospitale en tuis. Breast Cancer Support Group in Suid-Afrika vier vanjaar hulle 56ste bestaansjaar. Dit is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) wat emosionele en praktiese ondersteuning bied aan persone, mans en vrouens, wat met borskanker gediagnoseer is. 

Annaleen Genade kan by 072 523 0650 vir meer besonderhede gekontak word. 

 
Hardus Botha
Dapper-stappers vir Borskanker-‘Survivors’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.