Gans-Berg News - 15 May 2026
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
‘n Pragtige dag. ‘n Gesellige atmosfeer. Opgewonde dapper-stappers vir Reik na Herstel Borskanker Ondersteuningsgroep (Reach for Recovery Breast Cancer Support Group) - ten bate van Borskanker-‘Survivors’. Op Annaleen Genade, organiseerder van Gansbaai ‘Reach for Recovery’ se vraag: “Wie is almal ‘survivors’?”, het meer as driekwart van die deelnemers hul hande opgesteek.

Borskankermaande is Oktobermaande, maar weersomstandighede het die organiseerders genoop om dit na Saterdag, 4 November 2023 te skuif. Sowat 200+ ondersteuners en ‘survivors’ het aan vanjaar se goed-georganiseerde Borskankerstap deelgeneem. Hulle het vanaf Franskraal se parkeerarea na Blousloep en terug gestap, ingesluit ‘n aantal honde wat meegedoen het - met ‘n onderlinge gesellige atmosfeer wat deurgaans geheers het. “Dit was weer eens ‘n lekker gevoel oor nog ‘n Borskankerstap wat suksesvol verloop het,” het Annaleen gesê. Daar was pryse ‘vir Afrika’ wat aan deelnemers oorhandig is - selfs honde het ‘n pakkie in die bek ontvang!
Reach for Recovery Breast Cancer Support Group bestaan uit opgeleide vroue wêreldwyd wat vroue wat borskanker-operasies ondergaan het, ondersteun en besoek - in hospitale en tuis. Breast Cancer Support Group in Suid-Afrika vier vanjaar hulle 56ste bestaansjaar. Dit is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie (NPO) wat emosionele en praktiese ondersteuning bied aan persone, mans en vrouens, wat met borskanker gediagnoseer is.
Annaleen Genade kan by 072 523 0650 vir meer besonderhede gekontak word.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreFrom community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...
The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg.
This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.
This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!