Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
Twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, het Zimbabwe en Botswana, asook Suid-Afrika, gedurende Mei en Junie 2023 deurreis - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag (44 dae) kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgetek is. In Deel 1 van hierdie reeks word op die vooraf gebeure gefokus, daarna volg die res van die avontuurlike toer. Hierdie reeks berigte is op Elna se besonderse joernaal-inskrywings gebaseer - vanaf die beplanningstadium tot aan die einde van die toer. Sy het alles met die hand geskryf, ingesluit ‘n enorme hoeveelheid illustrasie (in kleur), selfs landskaarte waar nodig, wat sy self geteken het, alles op ‘n uiters kunstige manier. Om deur haar joernaalboek te blaai, is ‘n toer-belewenis - sy mag maar. Elna het haar joernaalboek aan die Gans-Berg Nuus vir gebruik beskikbaargestel - ‘n groot dankie aan Elna.
Die oorsprong van die toer het begin by ‘n aantal van die 1969 Matriekklas van Hoërskool Montagu wat op Fanie se uitnodiging in Gansbaai bymekaargekom het, met Fanie en Dolf wat saam in die hoërskool in Montagu was. “Dolf en Elna was entoesiasties om saam met ons ‘n toer te onderneem,” vertel Fanie. “Ek het aan hom verduidelik dat sy 2x4 voertuig onvoldoende is en nie toer sal ‘oorleef’ nie.” Fanie sê tot sy verbasing het hy nie baie lank daarna van Dolf verneem dat hy spesiaal ‘n 4x4 voertuig vir die toer gekoop het (en foto gestuur) en dat Fanie nou moet vertel van die toerusting wat benodig word. So is die spreekwoordelike koeël deur die kerk en die beplanning van die toer (15 Mei tot 27 Junie 2023) het begin. Elna se bewoording sal deurgaans vir die reeks berigte aangehaal word.
Dit was die Nel-egpaar se eerste toer in Afrika in en alles was een groot ervaring en verwondering oor wat hulle beleef het. Hulle kon nie glo dat mens so rustig en kalm in “Donker Afrika” kan rondry en oral met die mense gesels, lag en grappe maak nie. Verder was die onomheinde nasionale parke se kampe aanvanklik vir hulle baie ongemaklik, veral as die groot diere, soos olifante, sommer baie naby jou rondloop - daar was ‘n paar belewenisse wat liewer nie in Dolf se eie woorde herhaal sal word nie!
Nadat Elna die vooraf beplanning in detail vertel het, vanaf paspoorte tot doktersbesoek en baie meer, ingesluit illustrasies, selfs van die voertuie en spuitnaalde van die dokters en wat nie nog alles nie, het dinge begin rigting kry. Die volledige toerplan van 44 dae is sorgvuldig agter in die joernaalboek opgeteken - dag vir dag, met presies waar hulle daardie dag was!
15 Mei 2023: “Op julle merke...gereed...en daar gaan ons! Ons vertrek net na 6. Dankie, dankie Vader!” Elna vertel hoe hulle deur die verskillende dorpe ry op pad na die Kruger Nasionale Park, waar hulle so 3 dae vertoef. Elke dorp se wedervaringe is sorgvuldig opgeteken en met illustrasies versier, self diere van die wildtuin is geskets.
By Beitbrug aangekom om Zimbabwe binne te ry, het die ‘sports’ begin. Elna vertel self: “Ons is eers by die Suid-Afrikaanse kant en daarna oor die groot brug oor die Limpopo rivier. En toe begin die poppe dans! Ons is van die een toonbank na die ander. Tot ‘n jong vrouekonstabel ons tot hulp kom. Sy het ons gehelp met die e-TIP, maar wat ‘n mission. Sy het Dolf en Fanie gehelp om ‘n ‘hotspot’ te skep en elkeen moes op hulle eie selfone aanlyn aansoek doen. Maar sy het geweldig gesukkel met die netwerk - dan stap sy uit om iets te gaan doen en kom weer terug...so het dit vir omtrent ‘n uur aangegaan. Later het sy ‘n manspersoon gebring om te help, hy het meer reggekry - dalk meer geweet? Eindelik was dit gedoen. Toe weer terug na verskeie toonbanke, elke keer as jy ‘n stempel kry, moet jy ‘hoes’ - gelukkig darem in ZAR. Eindelik was ons klaar. Ons gaan deur ons eerste ZIM-tolhek. ZAR 40 EN ons kry nogal ons kleingeld ook! Ons is sommer vinnig by die Lion en Elephant Motel - Dankbaar! Ons was lekker moeg na die lang uitputtende dag met al die Beitbrug-manewales!”
Lees in die volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus van hulle avontuurlike en interessante wedervaringe in Zimbabwe.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.