Blog

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste Verjaarsdag

Andries Johannes Moolman, beter bekend as André wat met sy dikwiel-fiets Gansbaai se hawe-gebied al platgery het, het op 7 November 2023 sy 80ste lewensjaar gevier. Fietsry is egter nie sy hoogtepunt in Gansbaai nie - André was Gansbaai SAPD se 1ste Stasiebevelvoerder in 1988, asook ‘n man wat diep spore as gemeenskapsleier in Gansbaai getrap het. Die verjaarsdaggeskenk wat hy by sy kinders gekry het, is ‘n pragtige en gekleurde hardebandboek, gevul met boodskappe deur sy kinders en kleinkinders, asook waardevolle en sentimentele foto’s - ‘n weerspieëling van André se vol lewe van 80 jaar, met die opskrif: ‘Andries Johannes Moolman, gebore in die stofstrate van Gansbaai’.

André is op 7 November 1943 ‘in die stofstrate van Gansbaai’ gebore, soos hy dit gestel het. “Hy was ‘n laatlammetjie wat in die hartjie van die Tweede Wêreldoorlog sy verskyning gemaak het,” het sy suster, Kobie gesê. André was die eerste baba wat deur ‘n ene Suster Marais die wêreld ingebring is. Die Moolmans het diep spore in die geskiedenis van Gansbaai getrap. André se ouma, Tant Annie Moolman, het die Moolmans Boarding House op die hoek van Kerkstraat en die pad wat afloop na die hawe, besit. Sy oupa, Oom Andries, ‘n streng militaristiese man, was die dorp se wetstoepasser in eie reg en André se pa, Wessel, was ‘n Gansbaai Visserman.

André was sy klasgroep se Hoofseun in 1962 en slaag st 8 aan die Sekondêre Skool Gansbaai (tans Laerskool Gansbaai). Hy het van kindsbeen af groot bewondering vir die polisie gehad en sluit by die Polisiekollege in Pretoria aan. As jong polisieman begin hy sy loopbaan in 1963 in Stellenbosch. In 1964 word hy na Grabouw verplaas - “...en dit is waar ek my appeltjie, Nellie, ontmoet het,” spog André. 4 kinders, 3 dogters en ‘n seun, is uit die huwelik gebore: Melinda, Charmaine, Jolanda en André. Hy word na Riviersonderend as Staatsaanklaer verplaas en na 2 jaar as Stasiebevelvoerder na Greyton. Na 8 jaar daar maak André weer geskiedenis met sy verplasing na Gansbaai SAPD as die dorp se 1ste Stasiebevelvoerder - as ‘n oud-Gansbaaier. Na 10 jaar in Gansbaai word André as Adjudant-Offisier na die Paarl verplaas en daarna na Hermanus as bevelvoerder by Swehlile Polisiestasie.

Gedurende André se 30 jaar in die polisiediens, het hy 10 keer grensdiens gedoen. Gedurende daardie tyd ontvang hy ook verskeie medaljes, asook die medalje vir die hoogste toekenning in die bekamping van terrorisme. Daarna lê hy die tuig as Adjudant-Offisier in 1992 neer, “met die klotsende klanke van branders wat hom na Gansbaai laat terugkeer”, soos hy dit gestel het. In Gansbaai het André sy pensioenjare aan draf, fietsry en see toe gaan, spandeer. Hy het egter ook as raadgewer en bemiddelaar vir talle ou prisoniere opgetree. Hierdie berig bevat slegs enkele hoogtepunte in hierdie formidale man se beroepsjare - boeke vol kan oor hom geskryf word. Hiermee Gans-Berg Nuus se gelukwense aan André met sy 80ste verjaarsdag. 

 
Hardus Botha
Gansbaai se 1ste SAPD Stasiebevelvoerder - André Moolman Vier 80ste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...