Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026
Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
Die Kampkomitee van Uilenkraalsmond Vakansie-oord het gedurende die Feesseisoen vir ‘n vol program van feestelikheid gesorg. Die NGK se Kersdiens is ook daar aangebied, met baie moeite deur Lucille en Lerey om die saal pragtig te versier. Na die diens is die kinders bederf met lekkers, nadat hulle lekker saamgesing het.
Die vakansieprogram het onder andere die volgende ingesluit: daaglikse kinderpret, stalletjies, potjiekos-kompetisie, inkleurkompetisie, Kersvader wat kom kuier het, boeresport en ‘n gesellige sokkiejol. Langsaan was die gebruiklike en gewilde mini-gholf en water-glybane bedrywig.
Die hoogtepunt was die aanwys van Mnr & Mej Skulpie (3-5 jariges), Mnr & Mej Kraaltjie (6-10 jariges), Mnr & Mej Junior Uilkraal (11-17 jariges) en Mnr & Mej Uilkraal (18-25 jariges). Die beoordelaars wat die moeilike taak gehad het om die wenners aan te wys, was Gina Basson, Linda Kloppers en Jaco Louw. Moeilik moes dit beslis gewees het - almal was pragtig en puik in hul optredes, dus was alle deelnemers eintlkik wenners gewees.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.