Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The Masked Spa in Hoofstraat 30, Gansbaai is gedurende Desember 2023 met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite deur Chris en Wimpie Daubert (eienaars) geopen, met Hester Hoon as Bestuurder. Die Spa se ambassadeur, Lizz Meiring (Mollie), ‘n jarelange vriendin van Chris en Wimpie, was die eregas tydens die opening. Die span glo dat hulle professionele dienste ‘n aanwins vir Gansbaai sal wees.
Chris en Wimpie het The Masked Spa aanvanklik in 2016 in Gauteng oopgemaak. Dit was eers net ‘n mobiele Spa (die terapeut, bed en ambians het tuis- of werksbesoeke gedoen). As gevolg van ‘n groot aanvraag het hulle ‘n fisiese Spa in 2018 ook geopen. Dit was by verskeie feeste, soos Aardklop, baie gewild.
“Ons het die afgelope 2 jaar tydens verskeie geleenthede na Gansbaai gekom en verlief geraak op die klein dorpie, sonder slaggate, verkeersligte en die vriendelike mense,” vertel Chris. “Omdat ons ander besighede aanlyn is, was dit n maklike besluit om te verhuis.” In Maart 2023 het hulle ‘sak en pak’ hier aangekom, waar hulle nou permanent in De Kelders woon. “Toe ons die geleentheid kry om die Spa hier in Gansbaai te open, het ons dit met altwee hande aangegryp. “Baie dankie vir die goeie ondersteuning wat ons te beurt geval het,” sê Wimpie.
The Masked Spa se dienste sluit onder andere die volgende in: facials, messages, footsies, naels en fishy footsies (vissies wat die dooie vel van voete af eet en wat tans net in die Kaap beskikbaar is). Besprekings kan by 010 630 0116 gemaak word, of stuur ‘n epos aan spa@themasked.co.za.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.