Blog

Overberg Medical Respons Weer Operasioneel

Overberg Medical Respons Weer Operasioneel

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Medical Respons Weer Operasioneel

-Cassie en Chantelle Carstens-

Die groot dag vir Overberg Medical Respons (OMR) het aangebreek - na ‘n tyd van afwesigheid is hierdie op en wakker span, onder leiding van Cassie en Chantelle Carstens, weer op die been en is reeds operasioneel om tot diens van die gemeenskap te wees. Met ‘n Missie soos die volgende, kan dit ook nie anders nie: “To improve the health of our community by providing professional emergency medical services and compassionate care.”

Die amptelike opening in hulle netjiese kantore te Dirkie Uysstraat op 28 Desember 2023, is deur Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame dr Annalie Rabie, behartig. “Dit is vir my ‘n groot voorreg om die opening hiervan waar te neem en ek is vol lof vir hierdie grootmoedige besluit van Cassie en Chantelle,” het dr Rabie gesê. “Ek ken Cassie al baie jare en is daarvan oortuig dat hy en sy personeel tot groot diens van die gemeenskap sal wees.”

“Teen die einde van Oktober 2023 het St John Overstrand (Hermanus, Gansbaai, Kleinmond) hul deur gesluit en die 18 personeellede was 2 maande voor Kersfees werkloos,” vertel Chantelle. “Ons het behoorlik gespook en gespartel om die onmoontlike na die moontlike om te skakel.” Sy sê hulle hoofdoel is om ‘n groot behoefte in die gemeenskap te verwesentlik. 

Chantelle sê met behulp van baie mense in die gemeenskap, individue, besighede, konstruksie-kontrakteurs, anonieme beleggers en baie ander, kon hulle OMR weer op die been bring. “Ons spreek graag ons opregte dank en waardering teenoor elkeen van hulle uit,” het sy gesê. “Met almal se ondersteuning is OMR binne 2 weke op operassionelvlak geplaas.” Op 5 Desember 2023 is ‘n inpeksie deur die Departement van Gesondheid uitgevoer, waarna OMR se lisensie uitgereik is.

OMR het amptelik op 26 Desember 2023 hulle broodnodige dienste hervat. Tans is daar ‘n ambulans en ‘n reaksie-voertuig wat 24/7 aan diens is. Dit beteken dat, sou die ambulans reeds op ‘n noodgeval uit is, die reaksie-voertuig beskikbaar is. Verdere goeie nuus is dat hulle 12 van die werklose personeellede weer kon aanstel - en dit sluit selfs die skoonmaker in! Chantelle sê OMR se visie, missie en dryfkrag is gebasseer op ‘n fondament van geloof. “Ons glo geloof en gebed het tydens die personeel se moeilikste tye van hul loopbane versterk en ons beplan om daarop voort te bou,” het sy gesê. “Die gemeenskap is ons prioriteit en daarom glo ons daaraan om bekostigbare pakette, tariewe en dienste aan almal te bied,” het Chantelle gesê.

OMR se dienste die volgende in, wat nie net tot dit beperk is nie:

*Maandelikse lidmaatskap-pakette vir huishoudings en besighede. *24/7 nood-mediese ambulansdienste. *Opleiding (Noodhulp, BLS en ITLS), ingesluit eenvoudige kursusse vir kinders van 6-13 jaar. *Geleentheids mediese bystand. *Mediese “uber” dienste vir pasiënte wat nie ‘n ambulans nodig het nie, maar slegs vervoer na dokters-afsprake, ensovoorts benodig.

Ter afsluiting, net die volgende: Sommer so met die intrapslag het Cassie en Chantelle hulle omgee vir die gemeenskap weer eens getoon. Op Oujaarsdag (Sondag, 31 Desember 2023) het Pierre Spengler van Franskraal ‘n groot nood met sy uiters ernstige voetprobleem ondervind. Sy eggenote, Jossie, het skrywer hiervan in groot angs geskakel, aangesien dokters nie beskikbaar was nie. Lang storie kort, Cassie is geskakel en die onverwagse krisis is binne ‘n ommesientjie opgelos - kosteloos! Omgee vir die gemeenskap bly Cassie en Chantelle se uitgangspunt!

 
Vir noodgevalle:

• OMR se noodnommer is 078 699 6995;

• Navrae kan aan Cassie Cartens by 078 427 8647 gerig word, of aan Chantell Carstens by 084 059 0045;

• Stuur gerus ook ‘n epos aan info@omrmedics.co.za.

Image 1
Image 2
 
Hardus Botha
Overberg Medical Respons Weer Operasioneel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Die ‘Boet van Visnette’

Die ‘Boet van Visnette’

Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...

Filler: Mole Snake

Filler: Mole Snake

A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda. 

Overstrand Medical Centre

Overstrand Medical Centre

Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Tuinkompetisie Dien As Voorbeeld

Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.

Overberg Posduif Unie

Overberg Posduif Unie

Vanjaar was daar geen keer aan Louis Groenewald nie.