Blog

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Gans-Berg Nuus / News

Vissermans Verootmoedigingsdiens

-Vissermanne gereed vir 2024-

Verlede jaar is die opmerking gemaak dat die Vissermans Dankseggingsdiens die beste nóg bygewoon is en ook uiters goed georganiseerd was - pluimpie aan Floors Avenant, helpers en deelnemers.

Sondag, 14 Januarie 2024 se Vissermans Verootmoedigingsdiens voor die Boathouse restourant in Gansbaai Hawe, is eweneens uitstekend deur belangstellendes en vissermanne bygewoon. Die verloop van die diens is verder aangepas wat ‘n interessante en ‘lewendige’ byeenkoms tot gevolg gehad het. Die program-koördineerder, Floors Avenant, musiek-koördineerder, Vincent Rathbone en die sangleier, Raain Murtz, het die verrigtinge vlot laat verloop.

Hierdie jaarlikse dienste het in 1963 al begin - sowat 60 jaar gelede, met Johan van Dyk as voormalige en jarelange koördineerder. ‘n Groot verrassing was die teenwoordigheid van twee langslewendes wat teenwoordig was: Hermine Groenewald en Johanna Wessels. Anna Germishuys kon ongelukkig nie teenwoordig wees nie. (Sien ook foto van oorspronklike pad by die hawe-ingang, ±1962/63).

Raain het die voorafsang gelei met pragtige liedere wat hartlik saamgesing is. Ds Dirk van Dyk en Raain Murtz het die openingsgebede onderskeidelik in Engels en Afrikaans gedoen. Ds Deon Kloppers van O.M.G.E.E. Bedieninge en past Robert Johnson van Gansbaai Family Church het die evangelie-boodskappe in onderskeidelik Afrikaans en Engels gebring. Altwee hierdie Woordbedienaars het diep insiggewende boodskappe uit die Woord gebring - met die fokus op Gansbaai se Pelagiese vissermanne. Daarna is die vissermanne, met hulle gesinne, asook lynvissers, gevra om op te staan. Gepaste, bemoedigende gebede is deur Deon en Robert gedoen. 

Die verrigtinge is afgesluit met die hartlike sing van die bekende Oorwinningslied, waarna Floors met die seënbede afgesluit het. Geen Vissermansdiens het al verdaag sonder eetgoedjies vir die kinders nie - geskenk deur past Christo Stander en uitgedeel deur Flippie Otto. 

In sy bedankingsrede het Floors na verskeie organisasies verwys vir hul ondersteuning wat die byeenkoms moontlik gemaak het, asook die jaarlikse hoofborg vir die program, Gansbaai Marine. Navrae en/of kommentaar en aanbevelings kan aan Floors Avenant by 082 820 8966 gerig word, of stuur ‘n epos aan hom by floors.avenant@gmail.gmail.com.

Image 1
Hermine Groenewald
Image 2
Johanna Wessels
Image 3
Anna Germishuys
 
Hardus Botha
Vissermans Verootmoedigingsdiens

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!