Blog

Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Gans-Berg Nuus / News

Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Om as die Tophengelaar, waarskynlik in die land, beskou te word, is sonder twyfel noemenswaardig - des te meer as daardie hengelaar ‘n Gansbaaier is! Pieter du Toit (Jnr) het met sy uitmuntende prestasies as o/21 hengelaar tydens die Internasionale Hengelkompetisie in Desember 2023, asook in die Nasional Hengelkompetisie van Januarie 2024 bewys waarom dit die geval is.

Tydens die Internasionale Hengelkompetisie van 2-8 Desember 2023 in Namibië het Pieter die o/21 Proteaspan verteenwoordig. Daar is hy eerstens as die Hengelkampioen in die o/21 Afdeling aangewys en tweedens as Algehele Wenner van die Toernooi, wat alle afdelings insluit, soos Seniors, Meesters, Dames, ens.

Pieter se totale gewig van visse wat hom hierdie prestasies laat behaal het, was ‘n allemintige 481.5kg. Hy het 4 bronshaaie van meer as 100kg elk gevang, waarvan 3 op dieselfde dag gevang is, wat die grootste bronshaai ingesluit het. Wat sy prestasies des te meer groter maak, is dat dit die 2de agtereenvolgende jaar is wat hy as Algehele Kampioen bekroon word - dit is ‘n eerste in die geskiedenis wat dit gebeur het. 

In Januarie 2024 ‘woed’ Pieter voort op sy oorwinningspad. Hy neem deel aan die Nasional Hengelkompetisie te Struisbaai in die o/21 Juniors afdeling, waar hy weer sy Protea-klere verwerf. Nou is Pieter gekeur om vir die 3de agtereenvolgende jaar in Desember 2024 na Namibië te gaan. Aangesien hy onlangs 21 jaar oud geword het, was dit sy laaste kompetie as o/21 hengelaar. Voortaan gaan hy in die Senior Afdeling sy staal moet wys.

 
Pieter (Jnr) se pad na sukses

Kyk mens terug op Pieter (Jnr) se suksesvolle hengel-pad, spog hy met baie rekords sedert hy by die WP o/16’s in 2016 aktief betrokke geraak het en ook sy Boland-kleure verwerf het. Daarna volg die o/21’s, waar hy in die 2018/19 hengelseisoen as Algehele Junior Kampioen van die WP gekroon word en in die o/21 Proteaspan opgeneem word. Hy is hy ook die WP-rekordhouer (o/21) vir sy skeurtandhaai van 225kg, asook vir sy bronshaai van 193kg. Hy hengel vir die Westelike Provinsie (WP), maar is by Tygerberg Rots- en Strandhengelklub geaffilieer. Pieter het op die vistreiler, Wafra van Boetie (Oubol) Wessels gewerk, maar is tans op die vistreiler, Stormgans van Stollie en DP Fourie. 

 
Pa en Seun Hengel-kombinasie

Pieter (Snr) en Pieter (Jnr) is soos Vinkel en Koljander waar dit by hengel kom. Pieter (Snr) spog self met uitstekende hengel-prestasies in die verlede, maar tans geniet hy sy amp as afrigter van die o/16 Protea-hengelaars, waar hy die geleentheid het om sy kennis en ervaring aan die jonger geslag oor te dra.

Pieter (Jnr) bedank graag sy Spanbestuurder, Morné Esterhuysen en sy afrigter, Xander de Beer vir die afgelope 2 jaar se vertroue in hom, hulle ondersteuning en bystand. “Dankie ook aan alle Gansbaai ondersteuners, borge en donateurs (hulle weet wie hulle is!),” het hy gesê. “Elkeen het ‘n bydrae gelewer in die verwesentliking van my droom!”

 
Hardus Botha
Tophengelaar in die Land - Pieter du Toit (Jnr)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.