Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Die jaarlikse en ‘tradisionele’ Dangerpoint Halfmarathon is op Oujaarsdag deur die Gansbaai Lions vir die 24ste jaar aangebied - weer eens ‘n groot sukses, maar met baie harde werk en min finansiële ondersteuning. Die vroeë oggendreën het die atlete nie afgeskrik nie en hulle het met ‘n gelag en swaaiende arms vol moed weggespring.
Die onderskeie groepe atlete, 587 in totaal, vir die 21.1km, 10km en 5km pretdraf, het oudergewoonte ‘n ½ uur uitmekaar by Laerskool Gansbaai weggespring. Inskrywings was soos volg: 21.1km (256 atlete), 10km (177 atlete) en 5km pretdraf (154 atlete). Hierdie atlete het met groot entoesiasme en opgewondenheid weggespring en die onderskeie afstande suksesvol voltooi.
Die byeenkoms op Laerskool Gansbaai se sportgronde gaan jaarliks gepaard met ‘n gesellige atmosfeer waar ou vriende mekaar weer raakloop - om nie te praat van opgewonde en aanmoedigende ondersteuners by die eindpunt nie.
“Ongelukkig was daar hierdie jaar weer ‘n tekort aan borgskappe vir die Lions, terwyl kostes die hoogte ingeskied het,” het Pieter de Vries van Gansbaai Lions gesê. “Nuwe regulasies het sake verder vererger.” Hy het ook gesê dat hulp op die onderskeie roetes afgeskaal het, terwyl die organisering van die marathon baie harde werk behels. Hierdie gewilde Dangerpoint Halfmarathon kan dalk die laaste een wees indien voldoende borge en helpers nie betyds na vore kom nie. Dit sal ‘n groot jammerte wees indien hierdie mooi tradisie oor 24 jaar heen daarmee heen gaan wees.

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!