Blog

Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

-Dalk einde van 24 jaar tradisie-

Die jaarlikse en ‘tradisionele’ Dangerpoint Halfmarathon is op Oujaarsdag deur die Gansbaai Lions vir die 24ste jaar aangebied - weer eens ‘n groot sukses, maar met baie harde werk en min finansiële ondersteuning. Die vroeë oggendreën het die atlete nie afgeskrik nie en hulle het met ‘n gelag en swaaiende arms vol moed weggespring.

Die onderskeie groepe atlete, 587 in totaal, vir die 21.1km, 10km en 5km pretdraf, het oudergewoonte ‘n ½ uur uitmekaar by Laerskool Gansbaai weggespring. Inskrywings was soos volg: 21.1km (256 atlete), 10km (177 atlete) en 5km pretdraf (154 atlete). Hierdie atlete het met groot entoesiasme en opgewondenheid weggespring en die onderskeie afstande suksesvol voltooi.

Die byeenkoms op Laerskool Gansbaai se sportgronde gaan jaarliks gepaard met ‘n gesellige atmosfeer waar ou vriende mekaar weer raakloop - om nie te praat van opgewonde en aanmoedigende ondersteuners by die eindpunt nie. 

“Ongelukkig was daar hierdie jaar weer ‘n tekort aan borgskappe vir die Lions, terwyl kostes die hoogte ingeskied het,” het Pieter de Vries van Gansbaai Lions gesê. “Nuwe regulasies het sake verder vererger.” Hy het ook gesê dat hulp op die onderskeie roetes afgeskaal het, terwyl die organisering van die marathon baie harde werk behels. Hierdie gewilde Dangerpoint Halfmarathon kan dalk die laaste een wees indien voldoende borge en helpers nie betyds na vore kom nie. Dit sal ‘n groot jammerte wees indien hierdie mooi tradisie oor 24 jaar heen daarmee heen gaan wees.

 
Hardus Botha
Gansbaai Lions Dangerpoint Halfmarathon

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.