Blog

Mostert na die maal?

Mostert na die maal?

Gans-Berg Nuus / News

Mostert na die maal?

-Nie vir HaS inwoners nie-

Met Kersfees en geskenke en funksies reeds byna ‘n maand agter die rug, kan mens dink ‘n berig daaroor op 26 Januarie 2024 is moster na die maal - beslis nie vir Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se inwoners nie, daar heers steeds opgewondenheid oor hulle Skoenboks-geskenkies, lekker eet, hartlik saamsing en gesellig saamkuier.

Dit was Marie de Jager se jaarlikse Skoenboks-projek, met vriendinne en Bietoubosdames wat haar daarmee behulpsaam is. Elke inwoner ontvang ‘n skoendoos met geskenkies in - en wie deel dit uit: niemand anders as Kersvader in lewende lywe nie! En was dié Kersvader nou ‘n vrypostige kêrel - dit was drukkies en soentjies uitdeel vir die vale, om nie te praat van omtrent al die tannies wat ‘n beurt gekry het om op sy skoot te gaan sit nie! Nadat die geskenkies uitgehaal en daar ge-oe en ge-aa is, is daar smaaklike veversings bedien wat hulle saam kon geniet het.

 
Hardus Botha
 
Mostert na die maal?

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Gans-Berg Nuus / News - 20 October 2026

Catch up on the latest local news from Gansbaai and the surrounding areas!

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.