Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Kan dit wees?!
Min mense kan daarmee spog - dieselfde rokkie, wat 50 jaar gelede gekoop is, is deur 5 generasies gedra! Dinah Germishuys van De Kelders het 50 jaar gelede ‘n rokkie vir haar dogter, Louise van der Merwe (nou 53 jaar oud), gekoop - maar Dinah het die rokkie daarna soos goud bewaar.
Daarna het Dinah se eerste kleindogter, Joane Germishuys (nou 31 jaar oud), die rokkie gedra, en weer is dit gebêre. Dinah se volgende kleindogter, Nadia van der Merwe (nou 24 jaar oud), het die rokkie ‘geêrf’ en gedra - nodeloos om te sê: die rokkie is weer op sy plek in haar kas weggepak. Toe was Dinah se volgende kleindogter, Linda van der Merwe (nou 21 jaar oud), aan die beurt. Kan jy glo, laaste, maar nie die minste, was dit Dinah se ágterkleindogter (ouma-grootjie se oogappel), Emma Maas (nou 2 jaar oud) se beurt om die legendariese rokkie te dra - 5 generasies!
Nou is die geskiedkundige rokkie weer terug in Dinah se besit en word steeds bewaar. Nou wag ons vir die 6de generasie om die rokkie te dra, maar Dinah sê die kanse daarvoor lyk maar baie skraal. Maar-nou-ja, wie sal weet, dalk tóg eendag, nê?!
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.