Blog

Dieselfde Rokkie oor 5 Generasies...

Dieselfde Rokkie oor 5 Generasies...

Gans-Berg Nuus / News

Image

Dieselfde Rokkie oor 5 Generasies...

Kan dit wees?!

Min mense kan daarmee spog - dieselfde rokkie, wat 50 jaar gelede gekoop is, is deur 5 generasies gedra! Dinah Germishuys van De Kelders het 50 jaar gelede ‘n rokkie vir haar dogter, Louise van der Merwe (nou 53 jaar oud), gekoop - maar Dinah het die rokkie daarna soos goud bewaar.

Daarna het Dinah se eerste kleindogter, Joane Germishuys (nou 31 jaar oud), die rokkie gedra, en weer is dit gebêre. Dinah se volgende kleindogter, Nadia van der Merwe (nou 24 jaar oud), het die rokkie ‘geêrf’ en gedra - nodeloos om te sê: die rokkie is weer op sy plek in haar kas weggepak. Toe was Dinah se volgende kleindogter, Linda van der Merwe (nou 21 jaar oud), aan die beurt. Kan jy glo, laaste, maar nie die minste, was dit Dinah se ágterkleindogter (ouma-grootjie se oogappel), Emma Maas (nou 2 jaar oud) se beurt om die legendariese rokkie te dra - 5 generasies!

Nou is die geskiedkundige rokkie weer terug in Dinah se besit en word steeds bewaar. Nou wag ons vir die 6de generasie om die rokkie te dra, maar Dinah sê die kanse daarvoor lyk maar baie skraal. Maar-nou-ja, wie sal weet, dalk tóg eendag, nê?!

 
Hardus Botha
Dieselfde Rokkie oor 5 Generasies...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!