Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 2 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse.

Deel 1 (Gans-Berg Nuus, 26 Januarie 2024) het by die Lion & Elephant Motel Campsite geëindig. Vandaar was dit die Chipinda Pools van Gonarezhou Nasionale Park. Elna skryf: “Langs die pragtige, breë grondpad waarop ons met afgeblaasde bande gery het, was ons verstom oor die netheid van die erfies (of plotjies) en nêrens lê daar ‘n papiertjie of iets rond nie. Almal het ‘n kamp van boomstompe vir ‘n koei of twee en ‘n rietkamp vir ‘n bok of twee.”

By die park aangekom, is hulle verstom oor die hoeveelheid diere: olifante, rooibokke, waterbokke, seekoeie en krokodille. “Wat ‘n plek is dit nie! Op die walle van die Runderivier! Met Judy se hoenderstrips en sosatiestokkies geniet ons ‘n koningsmaal.” Sy vertel dat die voëls ‘n fees is om na te kyk. Volgens haar is die seekoeie die hoofspelers in die Chipinda Pools-verhaal: in die middae lê hulle in die son, dan in die water en maak kort-kort hul stemme dik, met saans wat hulle op die gras gaan wei.

“Fanie neem ons op ‘n besigtigingstoer en wat ‘n belewenis was dit nie, met my senuwees wat ‘n ‘kick-strat’ kry van spanning oor die nou bruggies oor die rivier, maar Faantjie vat voor en ons volg en ons is deur!” Na ‘n genoeglike dag, is hulle op pad na hulle tweede kampplek: die Machaniwa Exclusive Camp, maar eers hou hulle piekniek by Chilojo Cliffs - weer eens asemrowende natuurskoon. By die kamp aangekom, wei ‘n groot trop olifante, met kleintjies, tussen waterlelies, ‘n skrale 3 tot 4 meter van hulle af. Hulle sien ook van die grootste kremetartbome denkbaar (sien foto). Die kamp voldoen aan sy naam, “Exclusive” - Elna sê dit is werklik eksklusief en was ‘n groot verrassing vir hulle.

Lees in Deel 3 in die volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus van hulle avontuurlike en interessante wedervaringe - op pad na Chimanimani.

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.