Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 2 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse.

Deel 1 (Gans-Berg Nuus, 26 Januarie 2024) het by die Lion & Elephant Motel Campsite geëindig. Vandaar was dit die Chipinda Pools van Gonarezhou Nasionale Park. Elna skryf: “Langs die pragtige, breë grondpad waarop ons met afgeblaasde bande gery het, was ons verstom oor die netheid van die erfies (of plotjies) en nêrens lê daar ‘n papiertjie of iets rond nie. Almal het ‘n kamp van boomstompe vir ‘n koei of twee en ‘n rietkamp vir ‘n bok of twee.”

By die park aangekom, is hulle verstom oor die hoeveelheid diere: olifante, rooibokke, waterbokke, seekoeie en krokodille. “Wat ‘n plek is dit nie! Op die walle van die Runderivier! Met Judy se hoenderstrips en sosatiestokkies geniet ons ‘n koningsmaal.” Sy vertel dat die voëls ‘n fees is om na te kyk. Volgens haar is die seekoeie die hoofspelers in die Chipinda Pools-verhaal: in die middae lê hulle in die son, dan in die water en maak kort-kort hul stemme dik, met saans wat hulle op die gras gaan wei.

“Fanie neem ons op ‘n besigtigingstoer en wat ‘n belewenis was dit nie, met my senuwees wat ‘n ‘kick-strat’ kry van spanning oor die nou bruggies oor die rivier, maar Faantjie vat voor en ons volg en ons is deur!” Na ‘n genoeglike dag, is hulle op pad na hulle tweede kampplek: die Machaniwa Exclusive Camp, maar eers hou hulle piekniek by Chilojo Cliffs - weer eens asemrowende natuurskoon. By die kamp aangekom, wei ‘n groot trop olifante, met kleintjies, tussen waterlelies, ‘n skrale 3 tot 4 meter van hulle af. Hulle sien ook van die grootste kremetartbome denkbaar (sien foto). Die kamp voldoen aan sy naam, “Exclusive” - Elna sê dit is werklik eksklusief en was ‘n groot verrassing vir hulle.

Lees in Deel 3 in die volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus van hulle avontuurlike en interessante wedervaringe - op pad na Chimanimani.

 
Hardus Botha
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 2)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.

Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.