Blog

Overberg Rots- en Kushengel

Overberg Rots- en Kushengel

Gans-Berg Nuus / News

Overberg Rots- en Kushengel

-1ste 2024-kompetisie suksesvol- 

Overberg Rots- en Kushengelklub se 1ste hengelkompetisie vir 2024 het op Saterdag, 27 Januarie 2024 plaasgevind - tot groot tevredenheid van die hengelaars. “Die weer het mooi saamgespeel en ‘n groot aantal inskrywings is ontvang,” vertel ‘n tevrede Elba Tredoux van die klub.

Elba sê dit wil voorkom asof die klub se ‘vang-en-vrylaat’ reëls baie gewild is en ‘n totaal van 59kg vis is aangeteken. Die wenners van die dag was Duif Pienaar (Leervisse-span) met ‘n pragtige totale gewig van 11,42kg. Kort op sy hakke was Melchi Botha (Knorhane-span) met 11,37kg en die jongman, Tiaan de Waal in die 3de plek met 6,19kg. “Die voorste spanne en top-hengelaars begin nou nader aan mekaar beweeg, so ons sien uit na die volgende paar kompetisies,” het Elba gesê.

“Ons is ook baie dankbaar vir die borge van pryse, naamlik Buitesteen Restaurant (De Kelders), Gansbaai Vismark en Kuslangs Restaurant (Franskraal),” sê sy. “Baie, baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning van ons klub.” Soos gebruiklik, is daar gesellig verder saamgekuier met smaaklike kos (danksy ‘n groot skenking deur Van Blommenstein Slaghuis in Hermanus - baie dankie!). Met dít alles, ingesluit goeie geselskap en hulle eie Musiekfabriek, kon die aand nie anders as om gesellig te verloop nie!

Image 1
Dag se wenners: Melchi Botha (2de), Voorsitter Hendri Badenhorst, Duif Pienaar (1ste) en Tiaan de Waal (3de).
Image 2
Suksesvolle hengelaars: Voor - Duif Pienaar, Eddie De Jager en Riana de Wet. Agter -Marius, Eldo Marais, Sihan Toua, Alan Lourens, Melchi Botha, Tiaan de Waal, Thys Kemp, Piet Groenewald, Etienne Fernhout en Mias Albrecht.
 
Hardus Botha
Overberg Rots- en Kushengel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!