Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Overberg Rots- en Kushengelklub se 1ste hengelkompetisie vir 2024 het op Saterdag, 27 Januarie 2024 plaasgevind - tot groot tevredenheid van die hengelaars. “Die weer het mooi saamgespeel en ‘n groot aantal inskrywings is ontvang,” vertel ‘n tevrede Elba Tredoux van die klub.
Elba sê dit wil voorkom asof die klub se ‘vang-en-vrylaat’ reëls baie gewild is en ‘n totaal van 59kg vis is aangeteken. Die wenners van die dag was Duif Pienaar (Leervisse-span) met ‘n pragtige totale gewig van 11,42kg. Kort op sy hakke was Melchi Botha (Knorhane-span) met 11,37kg en die jongman, Tiaan de Waal in die 3de plek met 6,19kg. “Die voorste spanne en top-hengelaars begin nou nader aan mekaar beweeg, so ons sien uit na die volgende paar kompetisies,” het Elba gesê.
“Ons is ook baie dankbaar vir die borge van pryse, naamlik Buitesteen Restaurant (De Kelders), Gansbaai Vismark en Kuslangs Restaurant (Franskraal),” sê sy. “Baie, baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning van ons klub.” Soos gebruiklik, is daar gesellig verder saamgekuier met smaaklike kos (danksy ‘n groot skenking deur Van Blommenstein Slaghuis in Hermanus - baie dankie!). Met dít alles, ingesluit goeie geselskap en hulle eie Musiekfabriek, kon die aand nie anders as om gesellig te verloop nie!


Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!