Blog

Waca Se Pragtige Snoeke

Waca Se Pragtige Snoeke

Gans-Berg Nuus / News

Waca Se Pragtige Snoeke

-Birkenhead Boothengelklub-

Saterdag, 20 Januarie 2024 was mooi weer, geen wind en ‘n ‘gladde’ see, maar beslis nie die regte weersomstandighede vir die boothengelaars nie. Hulle het hoofsaaklik mooi ‘hotties’ (hangbergers) en ‘n klompie silvervis gevang. Carl Dyer, met sy boot, Waca en bemanning, was meer gelukkig ek kon pragtige snoeke inweeg - baie geluk aan Waca se bemanning!

‘n Gesellige atmosfeer is geskep met groot sonsambrele, ‘n gazibo en selfs ‘n knetterende vuur waar voorsitter Hein Kroese se smaaklike wors vir worsbroodjies gebraai is. Nog ‘n verrassing was gratis vleispasteitjies vir almal, geborg deur Joe van Real Pies, Gansbaai.

 
Kompetisie-uitslae

10 bote het ingeskryf, waarvan 9 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 27, wat 2 dames ingesluit het. Die aantal visse (5 spesies) wat ingeweeg is, was 119, met 'n totale massa van 116.4kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.31kg.

 
Volledige uitslae

Swaarste vis, Carl Dyer (snoek, 4.05kg); 2de Swaarste vis, Derick Petersen (snoek, 4.0kg); Swaarste sak, Carl Dyer (15.35kg); 2de Swaarste sak, Derick Petersen (13.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer (11.43kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Mishca van Charlie Steyn (7.05kg); Dames swaarste sak, Colleen Kemm (4.5kg); Joelene Rademeyer 3.8kg).

 
Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

WaCa van Carl Dyer (27.798kg); Mischa van Charlie Steyn (17.30kg; GI Joe van Joe Smit.

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Carl Dyer (35.85kg); Philip Fourie (27.20kg); Derick Petersen (26.70kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

Joey Rademeyer (13.05kg); Colleen Kemm (9.55kg); Anita Vermeulen (2.6kg).

Nou wag 2024 se kompetisies om te sien wie vir wie gaan verbysteek! 

Image 1
Waca se bemanning.
Image 2
Charlie Steyn.
Image 3
Kenny Owen en Colleen en Norman Kemm.
 
Hardus Botha
 
Waca Se Pragtige Snoeke

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.