Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
Saterdag, 20 Januarie 2024 was mooi weer, geen wind en ‘n ‘gladde’ see, maar beslis nie die regte weersomstandighede vir die boothengelaars nie. Hulle het hoofsaaklik mooi ‘hotties’ (hangbergers) en ‘n klompie silvervis gevang. Carl Dyer, met sy boot, Waca en bemanning, was meer gelukkig ek kon pragtige snoeke inweeg - baie geluk aan Waca se bemanning!
‘n Gesellige atmosfeer is geskep met groot sonsambrele, ‘n gazibo en selfs ‘n knetterende vuur waar voorsitter Hein Kroese se smaaklike wors vir worsbroodjies gebraai is. Nog ‘n verrassing was gratis vleispasteitjies vir almal, geborg deur Joe van Real Pies, Gansbaai.
10 bote het ingeskryf, waarvan 9 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 27, wat 2 dames ingesluit het. Die aantal visse (5 spesies) wat ingeweeg is, was 119, met 'n totale massa van 116.4kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 4.31kg.
Swaarste vis, Carl Dyer (snoek, 4.05kg); 2de Swaarste vis, Derick Petersen (snoek, 4.0kg); Swaarste sak, Carl Dyer (15.35kg); 2de Swaarste sak, Derick Petersen (13.55kg); Swaarste bootgemiddeld, Waca van Carl Dyer (11.43kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Mishca van Charlie Steyn (7.05kg); Dames swaarste sak, Colleen Kemm (4.5kg); Joelene Rademeyer 3.8kg).
1ste 3 Bootkampioene:
WaCa van Carl Dyer (27.798kg); Mischa van Charlie Steyn (17.30kg; GI Joe van Joe Smit.
1ste 3 Visvangkampioene Mans:
Carl Dyer (35.85kg); Philip Fourie (27.20kg); Derick Petersen (26.70kg).
1ste 3 Visvangkampioene Dames:
Joey Rademeyer (13.05kg); Colleen Kemm (9.55kg); Anita Vermeulen (2.6kg).
Nou wag 2024 se kompetisies om te sien wie vir wie gaan verbysteek!
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!