Blog

Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Gans-Berg Nuus / News

Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Vyf Jukskeispanne het mekaar in Gansbaai op Saterdag, 27 Januarie 2023 in bloedige hitte die stryd aangesê. Gansbaai het as gasheerklub opgetree. “Dit was ‘n Liga-wedstryd en eintlik was daar nie ‘wenners’ of ‘verloorders’ nie,” het Pieter Moore gesê. “Die hoofdoel van die dag se wedstryde was om ‘n span te kies wat die Overberg in Beaufort-Wes gaan verteenwoordig.”

Die spanne wat deelgeneem het, was Gansbaai (gasheerklub), Groenberg, Kleinmond, Bettiesbaai en Struisbaai. Dit was goeie wedstryde gewees en die manne en vroue het die skeie behoorlik en sekuur deur die lug laat ‘vlieg’!

Dr Google sê daar word vermoed dat Jukskei omstreeks 1743, sowat 80 jaar gelede, in die Kaap die Goeie Hoop, Suid-Afrika, ontstaan het. Dit is deur ‘transportryers’, wat met ossewaens gereis het, ontwikkel. Hulle het die houtpenne van die jukke as skeie gebruik. Daar word geglo dat die sport ‘n voorloper van die Amerikaanse hoefysterspeletjie is. Die doel van Jukskei is om die teikenpen af te slaan deur die skeie na hulle te gooi. Die sport word gespeel in ‘n veld wat twee sandputte het wat deur ‘n graskol in die middel geskei word. Die toerusting wat nodig is om die sport te beoefen is houtpenne, bekend as skeie en ‘n teikenhoutpen.

Jukskei-navrae in Gansbaai kan aan Pieter Moore by 072 670 3798 gerig word.

 
Hardus Botha
Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!