Blog

Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Gans-Berg Nuus / News

Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Vyf Jukskeispanne het mekaar in Gansbaai op Saterdag, 27 Januarie 2023 in bloedige hitte die stryd aangesê. Gansbaai het as gasheerklub opgetree. “Dit was ‘n Liga-wedstryd en eintlik was daar nie ‘wenners’ of ‘verloorders’ nie,” het Pieter Moore gesê. “Die hoofdoel van die dag se wedstryde was om ‘n span te kies wat die Overberg in Beaufort-Wes gaan verteenwoordig.”

Die spanne wat deelgeneem het, was Gansbaai (gasheerklub), Groenberg, Kleinmond, Bettiesbaai en Struisbaai. Dit was goeie wedstryde gewees en die manne en vroue het die skeie behoorlik en sekuur deur die lug laat ‘vlieg’!

Dr Google sê daar word vermoed dat Jukskei omstreeks 1743, sowat 80 jaar gelede, in die Kaap die Goeie Hoop, Suid-Afrika, ontstaan het. Dit is deur ‘transportryers’, wat met ossewaens gereis het, ontwikkel. Hulle het die houtpenne van die jukke as skeie gebruik. Daar word geglo dat die sport ‘n voorloper van die Amerikaanse hoefysterspeletjie is. Die doel van Jukskei is om die teikenpen af te slaan deur die skeie na hulle te gooi. Die sport word gespeel in ‘n veld wat twee sandputte het wat deur ‘n graskol in die middel geskei word. Die toerusting wat nodig is om die sport te beoefen is houtpenne, bekend as skeie en ‘n teikenhoutpen.

Jukskei-navrae in Gansbaai kan aan Pieter Moore by 072 670 3798 gerig word.

 
Hardus Botha
Vyf Jukskeispanne Trotseer Bloedige Hitte

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.