Blog

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 3)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 3)

Gans-Berg Nuus / News

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 3)

-Vanuit ‘n handgeskrewe joernaalboek-

In Deel 3 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha, se toer van 44 dae deur Zimbabwe en Botswana gedurende Mei en Junie 2023 - met elke jota en titel van die toer wat dag vir dag kunstig deur Elna in haar joernaalboek opgeteken is, insluitend haar sketse - te veel inligting om weer te gee! 

Vanaf Gonarezhou in die Machaniwa Exclusive Camp draai die voertuie in die rigting van Frog & Glen, Chimanimani, maar nie voor ‘n benoude ‘Leeuloop’ ervaar word nie. Die manne is besig om die sonpanele se batterye te laai en kos word gemaak - toe gebeur dit, skryf Elna: “Die leeu word gehoor en dinge gebeur vinnig: Fanie maak vir Judy stil; Judy sê sit soveel ligte as moontlik aan; Die twee werk saam soos gesoute generaals aan die gevegsfront; Maak seker die sitplekke van die voertuig is skoon vir vinnig inspring; Dis opwindend, dié Leeuloop, maar dis ‘scary’ - mens speel nie met leeu-se-kind nie; Daar word vinnig gepak en vuil skottelgoed kry ‘n ‘ignore’; Met ‘n onrustigheid so aan die nekhare is ons vinniger as ooit teen die leer op na die daktent; Ons is gereed vir slaap - die leeu het duidelik geloop en is ‘n paar keer deur die nag gehoor!”

Na ontbyt en ‘n bespreking van die nag se ‘war-stories’, ry hulle met ‘n kronkelpaadjie langs die rivier af om eers by die Save & Runde Junction Jungle ‘n draai te maak. “Oom Olifant staan toe in ons pad en ons moes wag tot hy besluit om te loop!” ‘n Pragtige natuurskoon wag op ons waar die twee riviere bymekaar uitkom. Dan weer terug na die Chilojo Uitkykpunt. “Die Chilojo Cliffs is asemrowend!” Hulle besluit om terug te keer na die Machaniwa Camp. Ons eet heerlik, maar die leeu laat weer van hom hoor! Hulle draai by Pokwe Campsite in om te sien hoe dit lyk - pragtig so op die Runderivier se wal. 

Uit die Gonarezhou National Park, ry hulle op ‘n swak grondpad verby verskeie dorpies wat soos klein ‘cowboy’ dorpies lyk. Daarna klim hulle sowat 1 000m bo seespieël, later 1 300m en nog later 1,782m. “Dis die mooiste uitsig van bo af en in die verte kan ons Mosamkiek in die Ooste sien.” Uiteindelik is hulle by Chimanimani, waar hulle in die Frog & Glenn intrek. Die volgende oggend sit hulle op die houtstoepie van die Mzanje Cottage en geniet koffie en beskuit. Jane, hulle gasvrou, vertel dat dié plek eers ‘n weermag-uitkykpos tydens een of ander oorlog was. 

Die volgende stop is Marondera via Mutare, ‘n baie groot dorp, met pragtige natuurskoon langs die pad, asook baie diere in die pad. “Fanie vertel ons dat Marondera bekend is as ‘n groot opleidingsentrum vir ‘landbou-goete’.” Hulle slaap in die Hiker’s Hut waar die besonderse klipstapels van Gosho staan.

In Deel 4 in die volgende uitgawe van die Gans-Berg Nuus lees ons van hulle nuwe avonture - op pad na die Chinhoyi Caves.

Image 1
Klipstapels - Gosho Park.
Image 2
Fanie en Judy Bothma - Gosho Park.
Image 3
Dolf en Elna Nel - Markie op pad na Chimanimani.
 
Hardus Botha
 
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 3)

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg in...

Overberg Kushengel: Thys Kemp katrol 17.71kg ...

“Die see het Saterdag, 20 April pragtig gelyk, met beloftes van goeie vangstes,” sê Elba Tredoux van Overberg Kushengel.

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Volop Hangbergers en Silwervis in Gansbaai

Saterdag, 19 April 2024 se Birkenhead Boothengelklub se maandelikse boothengelkompetisie het ‘n groot hoeveelheid hangbergers en silwervis opgelewer.

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

641 Onwettige Perlemoen in Gansbaai

Hierdie twee kollegas was onlangs besig met patrolliediens toe hulle ‘n klagte van sakke perlemoen ontvang.

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

Gansbaai Lions Versprei Vreugde aan Kleuters

kleuters deel opgewonde drukkies uit.

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

Jan Braai besoek Groter Gansbaai vir TV-reeks

“Vir my voel die braaiery vir hierdie reeks so al met die kus langs soos ‘n rustige vakansie,” het die bekende Jan Braai vir Gans-Berg Nuus gese.