Die ‘Boet van Visnette’
Besoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
Baie is al oor die sendingvelde op die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal (ou Noord-Zululand) geskryf - onder andere het ‘n spannetjie Gansbaaiers onder leiding van Johan en Elcine Hulme al verskeie kerke oor jare heen daar vir die gemeentes gebou. Die permanente evangelis daar is Bongenkosie (Bongi) Mthembu en sy eggenote, Lindiwe wat hom bystaan en wat al in Gansbaai kom kuier het.
Daar is egter nie net ‘n behoefte aan kerkgeboue nie, maar ook sagte speelgoed, klere en veral warm klere vir baie kinders wat letterlik niks het nie. Verskeie groepe dames het al in die verlede ingespring en klere gemaak en truie en poppe gebrei. Tans is daar weer so ‘n projek van stapel gestuur, met enkele dames wat help.
Een van hierdie dames is Christa van Dyk van De Kelders. “Hierdie keer het ek besluit om my eie kop te volg en dit ‘n spesiale projek vir my te maak,” vertel Christa. Sy brei nie sommer gewone ‘pullovers’ (oortrek-kortmoutruitjies) nie - nee, dis spesiaal met ‘n kragie en al, asook baie spesiale, pragtige knopies en versieringtjies wat aangewerk word. Van die figuurtjies is onder andere paddatjies, bokkies, skoenlappertjies en dies meer. Die knopies is ook ‘iets vanuit’ ‘n ander wêreld wat sy gebruik - alles om die truitjies aantreklik en spesiaal vir die kindertjies te maak. Tydens die Gans-Berg Nuus se besoek aan huis van Christa en haar eggenoot, Coenie, het sy al byna 40 van die truitjies gebrei - die een so fraai soos die volgende een.
Christa en Coenie was self (vanaf 2006) deel van die jaarlikse spanne wat daar kerke gaan bou het. Verder is hulle ook bekendes agter die Tombola-tafel (aanvanklik) gedurende basaartye. Later het hulle na die Wit Olifanttafel oorgeskuif - met hulle motorhuis en woning wat soms ‘oorloop’ van tweedehandse ware wat hulle insamel. Hulle is twee hardwerkende en pragtige mense vir Gansbaai se NG-gemeente, maar veral vir Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes tydens basaartye.
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreBesoekers en vakansiegangers sal in die loop van die volgende paar dae ‘n hele bedrywighede met ons Pelagiesie Vissersbote...
A punchy picture of an impressive mole snake being expertly handled by one of the Grootbos Field Rangers, Yolanda.
Die bouwerk aan Overstrand Medical Centre, skuins oorkant Gansbaai SAPD se geboue, is steeds doelgerig aan die gang.
Die deelnemers aan die jaarlikse Gansbaai Tuinkompetisie deur Gansbaai Toerisme is onlangs met pryse vir hulle harde werk beloon.
Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1.